Archive for April 28th, 2008
Hoekom blog ek?
Ek lees vandag Wipneus! raak wat die vraag vra. Vir ‘n oomblik sit ek soos ‘n springhaas wat vir die spotlight staar. Hoekom blog jy? Om.dat.dit.daar.is? Nee, wag dit is hoekom ek Everest wil gaan klim. Maar eers as ek alles in my lewe gedoen het wat ek wou. Sodat dit nie ‘n krisis is as ek in die poging vriesbrand kry, nadat ek deur ‘n sneeustorting oorval word, vir 20 ure in ‘n donker gat aan al my kak dink, voordat ek versmoor en sterf. Sonder enige aanskoulike drama. Al wat die koerantberig sal sê: “Hy het gedog hy kon.”
Hoekom blog ek?
Want ek het idees. Party van hulle is nogal ‘n pot snot. Ander is bloody marvellous, if you don’t mind me saying. Die probleem is om te onderskei watter idee hoort in watter kraal. Soms kry jy kommentaar wat jou help om die skape van die bokke te skei. Soms nie.
Soms is blogging ook gewoon net pret. “Ek wil dit sê en ek gaan dit sê!” (Die jonger geslagte sal nou nie weet waarvan ek praat nie, maar toemaar, julle is vergewe. Nie dat ek dink die jonger geslagte hier rondhang nie.)
Ek dink ek skryf wel vir ‘n gehoor, soos aangedui. Ek vind sommige kommentators betekenisvol en verrykend. Maar ek dink ook dat hierdie blog nie in almal se smaak sal val nie. (Is daar so iets soos ‘n blog wat in almal se smaak val?) Daarmee het ek ook nie ‘n probleem nie. As jy kies om verby te hou, is dit jou goeie reg. ‘n Baie goeie vriendin het eendag in elk geval aan my erken – in ‘n Brutal Fruit oomblik van belydende eerlikheid – dat ek ‘n “acquired taste” is. Ek het gemeen Cabernet Sauvignon is ‘n “acquired taste”.
Wat ek wel nie wil doen nie, is om te versigtig te wees as ek blog. Dan hou ek liewers op. As ek ‘n idee het wat pla of inspireer of wat ook al, wil ek hom deel. Soms is ek stil, want dan is ek gatvol vir my eie stem.
Daar is ‘n song van Alanis Morrisette waarmee ek geweldig kan identifiseer. Dit is waar van my. Dit is waar van die mense wat ek liefhet en my liefhet.
I can be an asshole of the grandest kind
I can withhold like it’s going out of style
I can be the moodiest baby and you’ve never met anyone
Who is as negative as I am sometimes
I am the wisest woman you’ve ever met.
I am the kindest soul with whom you’ve connected.
I have the bravest heart that you’ve ever seen
And you’ve never met anyone
Who’s as positive as I am sometimes.
You see everything, you see every part
You see all my light and you love my dark
You dig everything of which I’m ashamed
There’s not anything to which you can’t relate
And you’re still here
I blame everyone else, not my own partaking
My passive-aggressiveness can be devastating
I’m terrified and mistrusting
And you’ve never met anyone as,
As closed down as I am sometimes.
You see everything, you see every part
You see all my light and you love my dark
You dig everything of which I’m ashamed
There’s not anything to which you can’t relate
And you’re still here
What I resist, persists, and speaks louder than I know
What I resist, you love, no matter how low or high I go
I’m the funniest woman that you’ve ever known
I’m the dullest woman that you’ve ever known
I’m the most gorgeous woman that you’ve ever known
And you’ve never met anyone
Who is as everything as I am sometimes
You see everything, you see every part
You see all my light and you love my dark
You dig everything of which I’m ashamed
There’s not anything to which you can’t relate
And you’re still here
Die blog gee nie voor om iets anders as dit te wees nie. Ek blog om my lig meer te waardeer en om my donker beter te verstaan.
Die vraag oor waarom ek blog het my wel aan ‘n ander, verwante vraag laat dink.
Hoekom lees jy hier?