Voordele van meditasie, die gayste kyk, Photoshop Express en Tutu kry nog ‘n prys
Nie net kan meditasie jou konsentrasie-vermoë verbeter en jou bloeddruk verlaag nie. The Scientific American berig dat neuro-wetenskaplikes navorsing gedoen het wat aantoon dat meditasie jou meer liefdevol kan maak. Verdere navorsing kan moontlik aandui hoe meditasie met depressie kan help.
Nadat Jay Leno sy soveelste homofobiese grap gemaak het deur Ryan Philippe te vra om sy “gayste kyk” vir die kamera te gee, het Amerikaners gehoor gegee. Kliek hier om Amerikaners se gayste kyke te sien.
Is jy te arm om Photoshop te koop? Moenie vrees nie. Adobe het ‘n aanlyn weergawe van Photoshop bekend gestel wat gratis en verniet is. Jy kry 2 Gig stoorspasie.
Larry Hurtado het ondersoek ingestel waar die idee van die wederopstanding van die dooies vandaan kom.
Dit sou goedkoper gewees het om watertenks gratis aan Kaapstad se meer welaf inwoners te gegee het as om die Bergrivierdam te bou, volgens ‘n studie.
Aartsbiskop Desmond Tutu ontvang die 2008 Outspoken Award vir sy morele leierskap om die waardigheid van alle mense te verseker.
Volgens ‘n meningsopname van Sexpo, is Kapenaars meer oopkop as dit by seks kom as hulle landgenote in die noorde. Hulle het gemiddeld meer seks en meer seksspeelgoed. Gewilde plekke vir seks in die Moederstad: Rhodes Memorial, Leeukop en die strand (duh!).
Ek is seker mense lieg oor hulle sekslewe en seksspeelgoed!!!
Gay-kyk???????Bizar
rosalindfranklin
28 Maart 2008 at 15:05
aaah, jy’s wonderlik! dankie vir die link na photoshop express!
idiwidi
11 April 2008 at 18:43