Rigtingloos

riviersonderend soek ‘n nuwe bestaansrede. Baie van die redes hoekom die blog begin is, is nie meer geldig nie. Verder het ek besluit dat baie van die temas wat op hierdie blog bespreek is, gaan skuif na ‘n nuwe Engelse blog waaraan ek werk. Die Engelse blog sal tematies meer gedissiplineerd wees en fokus op ‘n zen-gebaseerde humanistiese spiritualiteit, seks, musiek en tegnologie (soms al 4 in een pos :twisted: ). Daar is verskeie redes wat my die besluit laat neem het, wat nie nou belangrik is nie.

Intussen soek ek na ‘n nuwe tema vir riviersonderend. Verskeie is oorweeg en te lig bevind. So loer maar weer in as hier iets te sê is.

O ja, hier is my drie inskrywings vir Tydskrif:

Idiwidi se Trap;

Nico se Twee Jaar in Sonneblomme; en

Sonkind se Oom Fred en Oom Harry.

As jy nog nie jou 3 gelys het nie, beskou jouself as getag!

Mooi loop.

4 Kommentaar »

  1. idiwidi said

    mag ons die Engelse blogadres weet?

  2. Idiwidi, ek weet nie. Ek dink daaroor. Ek hou van die idee dat die blog anoniem is en niemand weet wie ek is nie. Dit is lankal nie meer die geval met riviersonderend nie. Daar gaan in elk geval nog nie veel aan nie.

  3. Nico said

    Jinne, George.

    Ek hoop van harte jy sien rede om met riviersonderend aan te gaan, want as ek mag sê, jou blog beteken vir my baie – dis vir my ‘n goeie plek om heen te kom wanneer ek iets soek om tot my siel te spreek, en selfs net as ek iets soek om oor te dink. Soos enige ding het ‘n blog seker ‘n begin en ‘n einde en Die Siel van ‘n Boer sal seker ook eendag eindig.

    Hoe dit ook al sy wil ek, as jy nie omgee nie, iets oor jou karakter opmerk. Ek dink baie van die tyd stem ons nie saam oor baie dinge nie en waar ek soms heftig en reaktief reageer op ‘n stimilus, reageer jy kalm en bedaard. Ek het wêrelde se waardering daarvoor – geselskap met jou is beide intellektueel en esoteries stimulerend.

    Ek hoop regtig ek kan eendag saam met jou ‘n koppie koffie drink.

    PS. Ek is bly jy het van Sonneblomme gehou – dis vir my ‘n groot kompliment.

  4. Nico,

    Dankie vir jou vrygewige woorde. Ek waardeer dit. Sommer baie. Ek dink nie ek sal ophou nie. Ek soek net ‘n fokus.

    (Dit is vir my interessant hoe perspektiewe verskil. Ek dink byvoorbeeld nie dat ek altyd so bedaard en kalm reageer nie, maar dankie in elk geval :lol: )

RSS feed for comments on this post · TrackBack URI

Lewer Kommentaar