riviersonderend

Archive for Maart 27th, 2008

Voordele van meditasie, die gayste kyk, Photoshop Express en Tutu kry nog ‘n prys

with 2 comments

Nie net kan meditasie jou konsentrasie-vermoë verbeter en jou bloeddruk verlaag nie. The Scientific American berig dat neuro-wetenskaplikes navorsing gedoen het wat aantoon dat meditasie jou meer liefdevol kan maak. Verdere navorsing kan moontlik aandui hoe meditasie met depressie kan help.

Nadat Jay Leno sy soveelste homofobiese grap gemaak het deur Ryan Philippe te vra om sy “gayste kyk” vir die kamera te gee, het Amerikaners gehoor gegee. Kliek hier om Amerikaners se gayste kyke te sien.

Is jy te arm om Photoshop te koop? Moenie vrees nie. Adobe het ‘n aanlyn weergawe van Photoshop bekend gestel wat gratis en verniet is. Jy kry 2 Gig stoorspasie.

Larry Hurtado het ondersoek ingestel waar die idee van die wederopstanding van die dooies vandaan kom.

Dit sou goedkoper gewees het om watertenks gratis aan Kaapstad se meer welaf inwoners te gegee het as om die Bergrivierdam te bou, volgens ‘n studie.

Aartsbiskop Desmond Tutu ontvang die 2008 Outspoken Award vir sy morele leierskap om die waardigheid van alle mense te verseker.

Volgens ‘n meningsopname van Sexpo, is Kapenaars meer oopkop as dit by seks kom as hulle landgenote in die noorde. Hulle het gemiddeld meer seks en meer seksspeelgoed. Gewilde plekke vir seks in die Moederstad: Rhodes Memorial, Leeukop en die strand (duh!).

Written by George Maru

27 Maart 2008 at 20:19

Posted in nuus

Tagged with , , , ,

Rigtingloos

with 4 comments

riviersonderend soek ‘n nuwe bestaansrede. Baie van die redes hoekom die blog begin is, is nie meer geldig nie. Verder het ek besluit dat baie van die temas wat op hierdie blog bespreek is, gaan skuif na ‘n nuwe Engelse blog waaraan ek werk. Die Engelse blog sal tematies meer gedissiplineerd wees en fokus op ‘n zen-gebaseerde humanistiese spiritualiteit, seks, musiek en tegnologie (soms al 4 in een pos :twisted: ). Daar is verskeie redes wat my die besluit laat neem het, wat nie nou belangrik is nie.

Intussen soek ek na ‘n nuwe tema vir riviersonderend. Verskeie is oorweeg en te lig bevind. So loer maar weer in as hier iets te sê is.

O ja, hier is my drie inskrywings vir Tydskrif:

Idiwidi se Trap;

Nico se Twee Jaar in Sonneblomme; en

Sonkind se Oom Fred en Oom Harry.

As jy nog nie jou 3 gelys het nie, beskou jouself as getag!

Mooi loop.

Written by George Maru

27 Maart 2008 at 8:17

Posted in sommer net

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.