riviersonderend

Arthur C. Clarke (1917 – 2008)

with 3 comments

Arthur C. Clarke, bekende skrywer, ontdekker en futoeris is dood. Hy was een van die bekendste skrywers van wetenskapfiksie en sal onder andere onthou word vir sy briljante 2001: A Space Odyssey wat deur Stanley Kubrick verfilm is. Hy was ook bekend vir sy ander werke wat Rendezvous with Rama, Childhood’s End en The Fountains of Paradise insluit.

Oor ontdekkings het hy opgemerk: “If we have learned one thing from the history of invention and discovery, it is that, in the long run–and often in the short one–the most daring prophecies seem laughably conservative.

Oor die moontlikheid van lewe op ander planete, het hy gesê: “Sometimes I think we’re alone in the universe, and sometimes I think we’re not. In either case the idea is quite staggering.

Sy insig en lewenswysheid het oor alle fasette van die lewe gestrek. Enkele ander aanhalings van die groot man:

“The greatest tragedy in mankind’s entire history may be the hijacking of morality by religion.”

It has yet to be proven that intelligence has any survival value.

Die laaste paar jaar van sy lewe het hy in Sri Lanka gebly.

Written by George Maru

19 Maart 2008 at 7:33

Posted in aanhalings, nuus

Tagged with

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. 90 lange jare…

    Sjoe dis oud my bru..

    dat so ‘n brein nou moet vrot

    ek like die volgende aanhaling.

    “It has yet to be proven that intelligence has any survival value.“

    Volgens Dawkins sou die “bewyse” dalk binne die volgende hoeveel jaar moontlik wees…?

    johannes coetzee

    19 Maart 2008 at 13:19

  2. Ek dink Arthur C. Clarke se heengaan is ‘n verlies vir die mensdom as geheel; Ek persoonlik het hom in dieselfde klas gesit as die Galileo’s, die Da Vinci’s, Die Verne’s, en natuurlik die Asimov’s. ACC was ‘n visionary, iemand wie se denke sy eie tyd ver vooruit was. Dit wat ACC geskryf het was op die dag wetenskapfiksie, maar ek dink ook dis môre se realiteit.

    Mooi loop, oom Arthur. Jou geskrifte het waarde tot my lewe toegevoeg.

    Nico

    19 Maart 2008 at 14:11

  3. Ek kan darem sê ek ken iemand wat eenkeer telefonies met Arthur C. Clarke gepraat het! As hy nie met die konsep van geostationêre satelliete vorendag gekom het nie, het ek waarskynlik nie gesit waar ek vandag sit nie.

    mykopop

    20 Maart 2008 at 11:56


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.