Archive for Maart 1st, 2008
Daaglikse woord II
Vandag se woord kom uit die Yaghan taal van Tierra del Fuego en word deur die Guinness Book of World Records beskryf as “the most succint word.” Die woord?
Mamihlapinatapai.
Dit word beskou as een van die moeilikste woorde om te vertaal. Kortliks verwys dit na die kyk wat twee mense mekaar gee, terwyl beide wens dat die ander een iets wil inisieer wat beide wil hê, maar nie een van die twee wil begin nie.
So wat noem mens dit in Afrikaans?