riviersonderend

Archive for February 2008

my funny valentine

with 3 comments

‘n Laaang gedig van Hafiz*, getiteld “Of course things like that can happen“.

Once God made love to a great saint
Who had a hairy belly.

Of course things like that can happen!

And it was a surprise
Only to the novice on the path
When the saint’s stomach began to swell
Just like a woman’s.

Weeks went by, then months.
The saint’s cheeks
Turned into beautiful roses.
He became like a young bride
Who was carrying a holy child,
And his gratitude was speechless.
But his eyes shone
Like two planets making love.

The town began to stand outside his house
At night,

For it had come to the attention of the faithful
That as the moon passed by on its round,
It would sometimes bend over and kiss the roof!

Of course things like that can happen.

Life went on
Amidst the other ten thousand wonders:
Whiskers and weeds and trees and charming babies
Kept emerging.
People and cattle and bees worked side by side,
All sweetly humming,
And, come lunch,
All dined on the same Mysterious
Divine manna of nourishing Love -
Disguised in a thousand shapes, colors and forms.

Galaxies gave away their ingenious ideas
And told us of their private body functions.
So man, too,
Eats, burps and excretes more worlds.

How is it that invisible thoughts can lift heavy matter
And build cities and armies and altars?

All contain a Hidden Strategy
To be transformed again
Into Divine Music and Love and Light!

The sun rolls through
The sky meadows every day,
And a billion cells run
To the top of a leaf to scream and applaud
And smash things in their joy.

Of course things like that can happen.

Rivers stay up all night and chant;
Luminous fish jump out of the water
Spitting emeralds at all talk of Heaven
Being anywhere else but — Right Here!

Clouds pull each other’s pants down
And point and laugh.

O my dear,
Of course things like that can happen.

For all is written within the Mind
To help and instruct the dervish
In dance and romance and prayer.

The stars get clearly drunk
And crazy at night
And throw themselves
Across the sky.

Only an insane being or compound
Is not going mad with excitement
At this Wonderful Performance by God!

And still,
Light stretches its arms
Open ever more
And shouts to you, because you are His lover,
To forget your harsh actions of the past
And just Dance!

Look! Angels and flowers
Are playing hooky in graveyards,
Laughing and rolling naked on cool stones.

Why go to sleep tonight
Exhausted from the folly of ignorance,

When even the Beloved is Drunk
And is doing wonderful, ecstatic somersaults
And is giving wild lessons between the sheets
And between His handstands
All up and down the Tavern floor and ceiling!

Indeed,
Indeed, things like that can happen.

A few days
Before the delivery of God’s baby,
The saint had to visit a city close by
Where few knew him.

He was walking unnoticed past a mosque,
And the shouts of God’s lovers
Happened to fill the air, calling,

“Allah, Allah! Where are you?
Where are You, Beautiful One?”

And the child in the womb of the Master
Could not remain silent and shouted back,
In an astounding voice,

“I am Here!
I am Here — dear world!”

The crowd in the mosque became frantic,
And they picked up shoes, clubs and stones.
You know what then happened -
The story became grim.

But the moon cannot hold a grudge.
It still stops by some nights
And leans over this gentle earth, as over a crib,
And gives a full, wet kiss.

For the moon knows
That God is always amorous -

He will never stop making Love,

For the Truth has been Divinely Conceived
Deeply within each of us.

O Hafiz,
Look at the Splendor of God’s Grace:
The Sun has been planted in a thousand furrows
Across every soul’s brow.

Of course, my dear,
Everything God and I say
Can Happen!

* Hafiz was ‘n Sufi en digter wat in die 14de eeu in Iran geleef het. Daar word vertel dat as daar net een boek in ‘n Persiese huishouding is, dit die Koran sal wees. As daar twee boeke is, sal die ander een die Divan van Hafiz (digbundel) wees. Die gedig is vertaal/geïnterpreteer deur Daniel Ladinsky.

Written by George Maru

14 February 2008 at 7:04

Posted in poësie, spiritualiteit

Tagged with

Drie hoera’s vir Europa en Spielberg

with 3 comments

Die kontroversiële spotprent van die profeet Mohammed het vandag regoor Europa weer in koerante verskyn. Dit volg op die arrestasie van militante Moslems in Denemarke wat die skepper van die spotprent wou vermoor.

Steven Spielberg het aangekondig dat hy nie betrokke sal wees by die openings- en sluitingseremonies van die 2008 Genocide Olympics wat in Beijing gehou sal word nie. Dit volg op China se volgehoue weiering om sy invloed in die Soedan te gebruik om die massamoord in Darfoer te beëindig. Die Chinese organiseerders het nog nie gereageer nie.

Written by George Maru

13 February 2008 at 21:59

Posted in nuus

Tagged with , , ,

So wat lees ek deesdae?

with one comment

Karin het my ge-etiketeer. Ek moet sinne 6-8 plaas op bladsy 123 van die naaste boek aan my. Eintlik wil ek protes aanteken, want mens moet nooit iets buite konteks plaas nie. Mense kan die verkeerde idees kry.

Maar in elk geval. Hier is dit:

Coconuts even have their own festival, Coconut Day, which was celebrated a few days before my synchronistic birth. You may feel reassured about coconuts. Rice has not been so lucky; rice-paddies lie under concrete now; tenements tower where once rice wallowed within sight of the sea.

Tot sover die skriflesing uit Midnight’s Children deur Salman Rushdie.

Ek etiketeer vir idiwidi, vrypostig, René, My kop op ‘n blok & Boer in ballingskap.

Written by George Maru

12 February 2008 at 21:47

Liefde in die donker eeue (I) – ‘n Meisie, maar nie van Avignon

with 5 comments

“O Abelard, jy maak my wild,” het sy saggies gekreun. Hy het nie opgekyk nie. Sy het nie omgegee nie. Sy het graag sy naam geroep in hul gesteelde momente, as hulle Seneca verruil het vir Ovidius se Ars Amatoria . Heimlik was sy trots daarop dat haar geliefde ‘n lekkersê naam vir hulle ekstatiese oomblikke gehad het. Nie alle vroue is so gelukkig nie.

Sy was negentien toe sy haar professor in Logika ontmoet het. Hy was sewe-en-dertig en het homself toegewy aan ‘n intellektuele lewe vol idees, hipoteses en teorieë. Hy het gelag vir mense en hulle begeertes vir mekaar. Totdat hy haar ontmoet het.

Sou Heloise ooit kon raai in haar oomblikke van volkome genot en geluk hoe weerloos en uitgelewer haar liefde was? Sou sy ooit kon raai dat sy jare later uit die klooster aan Abelard sou skryf:

Maar ek is nie meer skaam om te erken dat my begeerte vir jou geen perke geken het nie. Ek het so baie gedoen. Ek het myself gehaat, sodat ek jou kon liefhê. Ek het hierheen gekom in lewenslange ballingskap, sodat jy ‘n stil, gemaklike lewe kan hê. Niks anders as deug, deurvleg met ‘n liefde volkome geskei van die sintuie, kon dit tot gevolg gehad het nie. Verdorwenheid kan nooit so iets inspireer nie; dit is te verknog aan die liggaam. Wanneer ons plesier liefhet, het ons die lewendes lief, nie die dooies nie. Ons hou op om te brand van begeerte vir hulle wat nie meer ons begeer nie. Dit was die idee wat my wrede oom gehad het. Hy het my deug gemeet aan my vroulike broosheid en het gedog dit was die man en nie die persoon nie wie ek liefgehad het. Hy het misluk.

Ek het jou nou liewer as ooit. So wreek ek myself. Ek sal jou steeds liefhê met die teerheid van my hele siel tot die dag wat ek sterf. As my aangetrokkenheid tot jou nie altyd heeltemal opreg was nie, as in daardie dae beide my verstand en liggaam jou nie altyd liefgehad het, het ek jou toe al vertel dat ek baie eerder jou hart wou besit as enige ander geluk, dat ek die man in jou die minste geag het.

Hiervan behoort jy heeltemal oortuig te wees deur my totale onwilligheid om met jou te trou, selfs al het ek geweet om met jou te trou deur die wêreld as eerbaar gesien sou word, en heilig in ons geloof. Tog was dit meer bekoorlik om jou minnares te wees, want dit was vryer. Die boeie van die huwelik, hoewel eerbaar, verwag steeds ‘n noodsaaklike verbintenis. Ek het nie kans gesien om ‘n man altyd lief te hê wat my dalk nie altyd sal liefhê nie. Ek het die idee om jou vrou te wees verag, maar was gelukkig om jou minnares te wees…

As daar enigiets is wat geluk genoem kan word op die ondermaanse, dan is ek oortuig dat dit die eenheid van twee persone wat mekaar in volkome vryheid liefhet, is. Hulle word byeen gebring deur ‘n verborge belangstelling en word bevredig in mekaar se waarde. Hulle harte is vol en laat geen ruimte vir enige ander passie nie. Hulle ervaar voortdurend kalmte omdat hulle tevrede is…

Alhoewel onseker, het ek jou steeds lief en tog kan ek vir niks meer hoop nie. Ek het die lewe self verloën, en myself van alles ontneem. Maar my Abelard kan ek nie opgee nie. Nie toe nie. Nie nou nie. Ek het my geliefde verloor, maar nie my liefde nie. O gelofte! O klooster! Ek het nie my menslikheid verloor onder jou meedoënlose dissipline nie! Jy het my nie in marmer verander deur my uiterlike te verander nie; my hart is nie verhard deur my gevangeskap nie; ek is steeds bewus van dit wat my geraak het. Hoewel, helaas! Ek is nie veronderstel om nog so te voel nie… ‘n Hart wat soveel liefgehad het soos myne, kan nie gou afsydig raak nie. Ons skommel lank tussen liefde en haat voor ons rus vind, en vlei onsself altyd met ‘n verlore hoop dat ons nie heeltemal vergeet sal word nie.

Word vervolg.

Written by George Maru

10 February 2008 at 21:54

Posted in sommer net

Tagged with , , ,

Onlekker stuff en ‘n bietjie lekker

with 6 comments

Sonkind het my getag om 10 goed te noem wat my afpie. Ek hou dit kort, want ek glo dit het nie verduidelikings nodig nie.

1. Passiewe aggressie.

2. Skynheiligheid.

3. Microsoft Windows.

4. Wanneer mense nie ‘n opinie/mening wat jy lug aanspreek nie, maar eerder jou gratis psigo-analiseer en vertel hoekom jy dink en sê wat jy doen. (Daar is ‘n rede hoekom mens sielkundiges baie betaal.)

5. Wanneer mense nie weet hoe om die woord “fok” te gebruik nie.

6. Apatie.

7. Dom-astrantheid.

8. Restaurante wat onredelike mark-ups op hulle wyn het.

9. Japan, Noorweë en Ysland se walvisjag.

10. Drolle.

En nou, op ‘n positiewe noot: Kaapstad het in die vierde plek ingeskuif op die Monolopy bord, m.a.w. Kaapstad is nou een van die groen eiendomme. Die Moederstad het sopas Sydney, New York en Rome verbygesteek. Die volgende stad in Kaapstad se versier is Londen.

Maar net as jy gaan stem!

Nou!

Hier!

Written by George Maru

9 February 2008 at 10:15

Posted in sommer net

Tagged with ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.