Archive for February 24th, 2008
Wegkruipertjie
‘n Storie van Rabbi Rami Shapiro.
‘n Man het in die studeerkamer van Rabbi Ben Israel ingebars en by hom gepleit: “Rabbi, vertel my wat is die pad na God?”
Die rabbi het opgekyk van sy boeke en geantwoord: “Daar is nie ‘n pad na God toe nie, want God is in die hier en nou.”
“Vertel my dan wat die essensie van God is?” het die man gevra.
“Daar is nie so iets soos die essensie van God nie, want God is alles en niks.”
“Vertel my dan wat die geheim is dat ek kan weet dat God alles is.”
Rabbi Ben Israel het gesug en hom geantwoord: “My vriend, daar is nie ‘n pad nie. Daar is nie ‘n essensie nie. Daar is nie ‘n geheim nie. Die waarheid wat jy soek word nie van jou weggesteek nie. Jy kruip weg daarvoor.”