Archive for February 23rd, 2008
Het ek al die wa verpas?
Ek het nie die hele Robbie Klay sage in detail gevolg nie, so vergewe maar as ek uit onkunde praat. Help my dan gerus reg met die feite. Waaroor ek wel gewonder het, is in hoe ‘n mate geslag ons reaksie op gebeure nog kleur.
Ek wonder maar net as dit ‘n vrou was wat aantygings van molestasie gemaak het, hoeveel grappies daaroor die rondte sou gedoen het? Sou dit aanvaarbaar gewees het?
Is die molestasie van seuns minder erg, of is daar inligting spesifiek in hierdie geval wat ek miskyk?