Archive for February 13th, 2008
Drie hoera’s vir Europa en Spielberg
Die kontroversiële spotprent van die profeet Mohammed het vandag regoor Europa weer in koerante verskyn. Dit volg op die arrestasie van militante Moslems in Denemarke wat die skepper van die spotprent wou vermoor.
Steven Spielberg het aangekondig dat hy nie betrokke sal wees by die openings- en sluitingseremonies van die 2008 Genocide Olympics wat in Beijing gehou sal word nie. Dit volg op China se volgehoue weiering om sy invloed in die Soedan te gebruik om die massamoord in Darfoer te beëindig. Die Chinese organiseerders het nog nie gereageer nie.