Onlekker stuff en ‘n bietjie lekker

Sonkind het my getag om 10 goed te noem wat my afpie. Ek hou dit kort, want ek glo dit het nie verduidelikings nodig nie.

1. Passiewe aggressie.

2. Skynheiligheid.

3. Microsoft Windows.

4. Wanneer mense nie ‘n opinie/mening wat jy lug aanspreek nie, maar eerder jou gratis psigo-analiseer en vertel hoekom jy dink en sê wat jy doen. (Daar is ‘n rede hoekom mens sielkundiges baie betaal.)

5. Wanneer mense nie weet hoe om die woord “fok” te gebruik nie.

6. Apatie.

7. Dom-astrantheid.

8. Restaurante wat onredelike mark-ups op hulle wyn het.

9. Japan, Noorweë en Ysland se walvisjag.

10. Drolle.

En nou, op ‘n positiewe noot: Kaapstad het in die vierde plek ingeskuif op die Monolopy bord, m.a.w. Kaapstad is nou een van die groen eiendomme. Die Moederstad het sopas Sydney, New York en Rome verbygesteek. Die volgende stad in Kaapstad se versier is Londen.

Maar net as jy gaan stem!

Nou!

Hier!

6 Kommentaar »

  1. Ek stem. Elke dag. Met vyf registrasies. Baie beter skinder, kerm en kla en flou Eskom grappies. Wonder net wat aangaan dat Kanada so weghol. Daar is seker nie goeie TV nie. :-)

  2. mykopop said

    Ek is bly om te sien dat jy saam met my stem oor (3). Wat (5) aanbetref, ek hou nie eintlik daarvan om sulke woorde in skrif te gebruik nie, dis darem te permanent. Ek moet minstens my duim met ‘n hamer raakslaan of so iets! Ek het eenkeer in Amsterdam ‘n boek oor die aanhou van hoenders gekoop (Kippenhouden, dink ek). Miskien moet ek eendag bietjie uit hom aanhaal, dan sal almal weet hoe die woord werk!

  3. Jo-Ann, Sydney is weer voor!!! Terloops, wat laat jou dink ons het goeie TV? :twisted:

    Mykop, Windows snuif olieboor-ghries. Toe ek in Amsterdam was, het die mense ons vertel van die poespaleis en die perdefokkery. Ai, die Nederlanders het ‘n manier om iets baie onskuldig vieslik te laat klink. En dan raak hulle opgewonde as ons “Net ‘n rukkie” sê.

  4. [...] Vir George se 5de [...]

  5. freddy said

    Omtrent ‘n lys. Dit is nogal irriterende goed. Daai nr 4 doen mense gewoonlik wanneer hulle nie eintlik weet hoe om te reageer nie. Geboul.

    So, wat betref Kaapstad – al wil jy dalk emigreer, soek jy haar darem op die Monopoly Map? ;-)

  6. Freddy, Kaapstad (en Amsterdam) sal my spirituele tuiste bly, waar ek ook mag gaan.

RSS feed for comments on this post · TrackBack URI

Lewer Kommentaar