Archive for February 9th, 2008
Onlekker stuff en ‘n bietjie lekker
Sonkind het my getag om 10 goed te noem wat my afpie. Ek hou dit kort, want ek glo dit het nie verduidelikings nodig nie.
1. Passiewe aggressie.
2. Skynheiligheid.
3. Microsoft Windows.
4. Wanneer mense nie ‘n opinie/mening wat jy lug aanspreek nie, maar eerder jou gratis psigo-analiseer en vertel hoekom jy dink en sê wat jy doen. (Daar is ‘n rede hoekom mens sielkundiges baie betaal.)
5. Wanneer mense nie weet hoe om die woord “fok” te gebruik nie.
6. Apatie.
7. Dom-astrantheid.
8. Restaurante wat onredelike mark-ups op hulle wyn het.
9. Japan, Noorweë en Ysland se walvisjag.
10. Drolle.
En nou, op ‘n positiewe noot: Kaapstad het in die vierde plek ingeskuif op die Monolopy bord, m.a.w. Kaapstad is nou een van die groen eiendomme. Die Moederstad het sopas Sydney, New York en Rome verbygesteek. Die volgende stad in Kaapstad se versier is Londen.
Maar net as jy gaan stem!
Nou!