Archive for February 2008
As jy ‘n song was…
As jy jouself in een song kon opsom, watter song sou dit wees?
Wegkruipertjie
‘n Storie van Rabbi Rami Shapiro.
‘n Man het in die studeerkamer van Rabbi Ben Israel ingebars en by hom gepleit: “Rabbi, vertel my wat is die pad na God?”
Die rabbi het opgekyk van sy boeke en geantwoord: “Daar is nie ‘n pad na God toe nie, want God is in die hier en nou.”
“Vertel my dan wat die essensie van God is?” het die man gevra.
“Daar is nie so iets soos die essensie van God nie, want God is alles en niks.”
“Vertel my dan wat die geheim is dat ek kan weet dat God alles is.”
Rabbi Ben Israel het gesug en hom geantwoord: “My vriend, daar is nie ‘n pad nie. Daar is nie ‘n essensie nie. Daar is nie ‘n geheim nie. Die waarheid wat jy soek word nie van jou weggesteek nie. Jy kruip weg daarvoor.”
Het ek al die wa verpas?
Ek het nie die hele Robbie Klay sage in detail gevolg nie, so vergewe maar as ek uit onkunde praat. Help my dan gerus reg met die feite. Waaroor ek wel gewonder het, is in hoe ‘n mate geslag ons reaksie op gebeure nog kleur.
Ek wonder maar net as dit ‘n vrou was wat aantygings van molestasie gemaak het, hoeveel grappies daaroor die rondte sou gedoen het? Sou dit aanvaarbaar gewees het?
Is die molestasie van seuns minder erg, of is daar inligting spesifiek in hierdie geval wat ek miskyk?
…

‘n Paar hulpbronne
Die inskrywing is spesifiek aan sekere mense gerig. Noem dit maar ‘n “special interest” plasing. So hou maar verby as dit nie op jou gerig is nie.
Dit volg na aanleiding van verskeie gesprekke wat ek die afgelope tyd gehad het met verskillende mense. Sommige begin wonder oor dit wat hulle grootgemaak is om te glo. Ander glo nie meer nie, en dit bring nuwe uitdagings.
Ek plaas dus hier ‘n paar skakels na webwerwe en boeke wat moontlik kan help in die soeke na antwoorde.
Diegene wat begin sukkel om te glo waarmee hulle grootgemaak is: Ek sou aanbeveel dat jy enige boek van Karen Armstrong lees, veral:
The Bible: A Biography. Hier is ‘n uittreksel uit Booklist se resensie:
“Armstrong traces the Bible’s transformation from a miscellany of texts into scripture, to which the Jesus movement added the Gospel and the other New Testament texts pretty much in tandem with the development of midrash and the Talmud by non-Christian Jews after the 70 CE destruction of the third temple in Jerusalem. She shows both Christian and rabbinic traditions of interpretation subsequently converging upon charity or love as the essence of God. The subjects of the last three chapters—the medieval monastic practice of reading the Bible called lectio divina, Martin Luther’s doctrine of sola scriptura, and intellectual modernity—are each considered for the ways they gave rise to interpretive movements that affected Christianity directly and spurred reactions in Judaism. This is one terrific little book.”
A History of God: The 4,000-Year Quest of Judaism, Christianity, and Islam. Publisher’s Weekly skryf:
“This searching, profound comparative history of the three major monotheistic faiths fearlessly illuminates the sociopolitical ground in which religious ideas take root, blossom and mutate. Armstrong, a British broadcaster, commentator on religious affairs and former Roman Catholic nun, argues that Judaism, Christianity and Islam each developed the idea of a personal God, which has helped believers to mature as full human beings. Yet Armstrong also acknowledges that the idea of a personal God can be dangerous, encouraging us to judge, condemn and marginalize others. Recognizing this, each of the three monotheisms, in their different ways, developed a mystical tradition grounded in a realization that our human idea of God is merely a symbol of an ineffable reality. To Armstrong, modern, aggressively righteous fundamentalists of all three faiths represent “a retreat from God.” She views as inevitable a move away from the idea of a personal God who behaves like a larger version of ourselves, and welcomes the grouping of believers toward a notion of God that “works for us in the empirical age.”
Dan is daar ook boeke van Richard Dawkins, The God Delusion, en Sam Harris se Letter to a Christian Nation en The End of Faith. Beide die outeurs se styl is egter konfrontasioneel en mag mense afsit.
Om meer te lees oor die onfeilbaarheid van die Bybel en die probleme daarmee, besoek Religious Tolerance hier.
Losing my religion bevat heelwat hulpbronne vir mense wat vrae vra en verduidelik ook hoekom sommige mense nie meer kan glo nie.
Dan vir diegene wat nie meer glo nie en kinders het, besoek gerus Parenting beyond belief. Dit bevat verskeie hulpbronne en gee raad oor hoe met kinders gepraat moet word oor die dood, die hemel, en moontlike viktimisasie by skole.
As iemand van nog goeie hulpbronne weet, laat weet gerus daarvan in die kommentaar.