riviersonderend

Archive for Januarie 2008

Noodkreet: You’re giving me fever

with 2 comments

Dit behoort nou reeds duidelik te wees dat George ‘n ligte aanval van cabin fever het. Die bewyse van frustrasie met ‘n skripsie (asook ander stuff) wat oor 11 dae moet in wees, begin orals kop uitsteek. Ongelukkig is dit ook ‘n feit dat dit baie lekkerder is om oor allerlei bog te blog, ten spyte van die woordverwerker-program wat jou dreigend aangluur waar dit net-net wil-wil uitloer agter Firefox.

Ek wil nie meer dink nie!! Geen brein is bedoel om so baie te moet dink nie. Uit protes teen hierdie onbevredigende situasie word alle intensies om intellektueel voor te kom, opgeskort tot verdere kennisgewing. (Moet ‘seblief net nie kom vertel dat jy nie die verskil kan agterkom nie – my ego sal dit nie kan verwerk nie!)

Iets musikaal dan. Binnekort gaan George begin blog oor musiek met ‘n gay tema. Maar voor dit gebeur, eers bietjie musiek vir die naderende Valentynsdag. Spesifiek dan vir almal desperate en dateless, lede van die MMSA (Manne en Meisies Sonder Aftrek). Wat gemaak as jy a la Eric Carmen “All by myself” is? Maklik. Wroeg. En wat laat mense lekkerder wroeg as Ray Charles en Bonnie Raitt met die Hammondorrel wat kreun onder die gewig van onbeantwoorde vrae en onvervulde begeertes? En kyk Raitt kan ‘n kitaar laat huil. Do I ever cross your mind? (So van die 2de minuut, wanneer die prentjies verby is, werk Raitt die kitaar se sake. Desperate stuff.)

Dan voel ek ook dat ek my sosiale verantwoordelikheid pligte sal verontagsaam as ek julle nie vroegtydig waarsku dat dit 6 – 8 Junie weer die Wacky Wine Weekend is in die Breederiviervallei nie. Bespreek nou al verblyf. Jy. sal. nie. spyt. wees. nie. Jy kan selfs invlieg. Begin Saterdagoggend by Van Loveren.

En om af te sluit, ‘n gedagte vir die week:

The river flows rapidly down the mountain, and then all of a sudden it gets blocked with big boulders and a lot of trees. The water can’t go any farther, even though it has tremendous force and forward energy. It just gets blocked there. That’s what happens with us, too; we get blocked like that. Letting go at the end of the out-breath, letting the thoughts go, is like moving one of those boulders away so that the water can keep flowing, so that our energy and our life force can keep evolving and going forward. We don’t, out of fear of the unknown, have to put up these blocks, these dams, that basically say no to life and to feeling life.
–Pema Chodron, Tricycle: The Buddhist Review, Vol. I, #1

Kortweg kan dit in Afrikaans vertaal word:

JY MOET GAAN WERK. HOU OP NONSENS SKRYF!

Baai.

Written by George Maru

20 Januarie 2008 at 10:11

Sommige Christene se geloofwaardigheidsprobleem

with 7 comments

Soms wonder ek of sommige Christene se haat van en afsku teenoor gay mense nie maak dat hulle hulle oordeelsvermoë oor wat reg en verkeerd is, verloor nie.

So ‘n rukkie gelede het dit op die internet geselsforum, Kletskerk, aan die lig gekom dat Gospel Direct die boek, Die gebedeboek van die lewe, van hulle rakke afgehaal het omdat daar ‘n gebed in verskyn van ‘n gay persoon. Die gebed gaan as volg:

O my God,
ek is gay.
Ek weet dit lankal
al wou ek dit nie weet
en al wou ek nie so wees nie …
Of wou ek so wees?
Wees soos u my gemaak het?
Hét U my so gemaak?
Daarmee het ek nagte en dae geworstel
Die afgelope tyd wéét ek dit.
Elke oomblik van elke dag weet ek dit.
O God
Ek ontken dit nie meer nie.
Ek stry nie meer daarteen nie.
Ek weet dit net.
Help my
om myself te aanvaar vir wat ek is.
Help my
om sterk te wees en my selfrespek te behou
as die gemeente skeef opkyk,
as daar agter hande gefluister word.
Dankie dat U my só gemaak het.
Ek is lief vir myself, vir my liggaam en my gees.
Ek is lief vir U.
Amen.
Anoniem

Daarna verskyn ‘n berig in Die Beeld waarin berig word dat Lukie Carelsen, grootbaas van Gospel Direct, vuur spoeg omdat die boek in sy winkels verbied is en dat dit aan mense beskikbaar gestel moet word, sou hulle dit wil hê. Dit is wat Carelsen vir die media vertel.

Tog is daar steeds probleme om die boek by Gospel Direct te kry:

“Meneer ek is jammer en u sal verstaan my werk is op die spel as ek te veel praat maar daar is goed gesê wat nie mooi is nie,” het een van GD se mense vir my gesê. “Ons het opdrag gekry om die boek van die rakke af te haal mag dit glad nie terugsit op die rak nie. Ek wil liewer niks daaroor sê nie maar as dit sou doen voordat mnr Carelsen so sê kan ek my werk verloor,” het die persoon aan my gesê. Hy sê hulle het beslis nog nie toestemming gekry om dit te doen nie.

Dit herinner ook aan die CUM Boeke debakel en hoe blatant CUM se grootbaas gejok het en die feit dat hulle eintlik bedrog gepleeg het. Jy sê tog nie vir mense ‘n boek is uit druk net omdat jy dit nie wil aanhou nie?

In elk geval, ek wonder hoe slaap mense soos Carelsen in die nag, gegewe hulle erns met Christelike konsepte soos die tien gebooie.

Ek vermoed redelik maklik.

Written by George Maru

19 Januarie 2008 at 10:37

Posted in godsdiens

Tagged with ,

Skok daai gaygeit uit!

with 9 comments

Good grief. Hoe gemaak as jy homoseksualistiese neigings het? Wel, reeds in die 1960s is daar ‘n apparaat uitgevind om te help:

Aversion therapy has been used for many years in the treatment of alcoholism. Apomorphine and emetine are the usual drugs used as the unconditioned stimuli for nausea and vomiting, with alcohol as the conditioned stimulus. More recently the same procedure has been used in the treatment of sexual perversions — for example, fetishism, transvestism and homosexuality.

There are several disadvantages to the use of drugs in conditioning procedures. The time between the stimulus being presented and the nausea being produced is uncertain. The patient may not even feel nausea; and, further, the cerebral depressant effect of the drug may interfere with the patient’s ability to form conditioned responses. In addition, the treatment may have to be terminated prematurely because of its dangerous side-effects.

Die voordeel? Jy kan sommer self die apparaat maak!

skok.gif

Meer inligting hier.

Written by George Maru

18 Januarie 2008 at 20:01

Funky liefde

with 4 comments

Paradigmas. Kennis. Teorieë.

Vertrek na punte sonder end.

Om sinne noukeurig in lettergrepe te verdeel ter wille van die sin
Enigesinsoos:

The painted ponies go up and down

Word

Paragrawe wat vloei
Paragrawe wat bloei

Rawe is nie koeie nie
en rowe word grood

Om sintaks te verstaan.
Omgekeerd.
Loer die oë van die Boeddha
na die hoenner wat ‘n eier nie kan lê
waar hy nóú IS:

Hipoteties gesproke.

Written by George Maru

14 Januarie 2008 at 21:13

‘n Ekologiese ramp

with 3 comments

Tata het die afgelope week ‘n ekologiese ramp aan die wêreld bekend gestel. Sake berig:

Indiërs is gister uitgeboul deur die wêreld se goedkoopste motor, die nuwe Tata Nano.

Hulle het dit ’n “moet-koop” en ’n “een-in-’n-miljard-slag” genoem, maar omgewingsbewustes is bekommerd.

Dié motor van sowat R17 500, wat deur Tata-motors vervaardig word, is Donderdag in Nieu-Delhi bekend gestel.

Written by George Maru

13 Januarie 2008 at 10:54

Posted in nuus

Tagged with , , ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.