Sekere dinge kan net in Amerika gebeur. Ek sweer. Die Boston Globe berig dat die Amerikaanse president tydens sy State of the Union toespraak verby kongreslid Barney Frank geloop het. Frank was op die foon, toe Bush sê: “Sê ek sê hallo.” Net sodat die mense kan sien hoe gaaf hulle president is.
Frank het toe maar so gemaak. Maar sy boyfriend wou hom nie glo nie. Die boyfriend het gedog Frank maak ‘n grap.
Na die toespraak vertel Frank toe maar vir Bush dat hy op die foon met sy boyfriend was, waarop Bush geantwoord het:
“Wel, ek hoop jy het hom vertel hoe oopkop ek is.”
maeree said
hahahahaha
dis ‘n baie cool storie!
bush for president!
sonkind said
Dis nie net sy kop wat oop is nie!
idiwidi said
HALLOOOO! Ek het so vinnig gescan en is dit so dat die trant hier heelwat ligter is op riviersonderend? Sien uit daarna om weer in te haal. Het hierdie kuierplek gemis!
Louw de Twak said
Ek wonder of hy weet hoe die mense vir hom lag. Hier is ‘n paar van sy “glipse” waarop ek afgekom het:
“Our nation must come together to unite.”
“In my sentences I go where no man has gone before.”
“Leadership to me means duty, honor, country. It means character, and it means listening from time to time.”
“As governor of Texas, I have set high standards for our public schools, and I have met those standards.”
http://www.andiquote.co.za
George Maru said
idiwidi?! Ek wroeg my hart uit oor verleenthede en ander persoonlike angst en jy meen die trant is ligter?
Louw, Bush het al juwele kwytgeraak. Dankie vir die lag.