‘n Ekologiese ramp
Tata het die afgelope week ‘n ekologiese ramp aan die wêreld bekend gestel. Sake berig:
Indiërs is gister uitgeboul deur die wêreld se goedkoopste motor, die nuwe Tata Nano.
Hulle het dit ’n “moet-koop” en ’n “een-in-’n-miljard-slag” genoem, maar omgewingsbewustes is bekommerd.
Dié motor van sowat R17 500, wat deur Tata-motors vervaardig word, is Donderdag in Nieu-Delhi bekend gestel.
Lees bietjie Ivo Vegter se stuk:
http://ivo.co.za/2008/01/10/imagine-poor-people-with-cars/
“Can’t have the natives driving cars, now can we?”
alleman
13 Januarie 2008 at 19:55
Al die rykes wat hulle karre opstart om na die gyms toe te ry, in plaas van bietjie gaan stap of fietsry, is geen probleem, maar sodra die armes ook ‘n kar kry is ons skielik besorg oor die omgewing…
Siek wêreldjie…
machiel
14 Januarie 2008 at 14:10
Die rykes en nie-natives ry groot, vieslike karre. Dit is feite. Ek betreur nog die feit dat 4×4 en ander ekologiese rampe nie naastenby genoeg belas word nie. (Machiel, as ek reg onthou is Nederland nou besig om belasting heelwat te verhoog?) Maar net soos al die 4×4′s nie die oplossing is nie, net so is die nano ook nie ‘n oplossing nie.
George Maru
14 Januarie 2008 at 20:40