Unzipped!

Dit gebeur die een of ander tyd met elke man. (Reg? Reg?) Wel, dit het definitief met Winston Churchill gebeur by ‘n openbare funksie. Hy is ‘n nota gegee om hom bewus te maak dat sy gulp oop is. Sy reaksie? “Dead birds do not drop out of nests.”
Is daar ‘n goeie manier om vir iemand te vertel sy gulp is oop, sonder dat daar gedink gaan word: “Waar kyk jy?” Wel, daar is verskillende maniere om die boodskap oor te dra. In Birma en Vietnam sal hulle glo vir jou sê: “Ek sien die mark is Sondae ook oop.” En die afkorting XYZ beteken eXamine Your Zipper.
Daar is ook ander maniere om die nuus te breek. Hier is ‘n paar Engelse uitdrukkings (miskien kan iemand help met Afrikaanse uitdrukkings?):
* The cucumber has left the salad.
* You’ve got windows in your laptop.
* Mini Me is making a break for the escape pod.
* Our next guest is someone who needs no introduction.
* You’ve got your fly set for “Monica” instead of “Hillary”.
So hoe hanteer jy sulke situasies?
Bwahahaha George! Wat van:
* Jou komkommer is verlep
sonkind
10 Januarie 2008 at 21:12
Lees Jules Deelder se gedig “RECLAMEWEZEN” hier: http://www.scholieren.com/boekverslagen/11156
Die uitdrukking wat ek van my pa geleer het is: Jou staldeur staan oop.
mykopop
11 Januarie 2008 at 6:45
ek het grootgeword met “daar’s as op jou toon”. weet regtig nie wat dit beteken nie, maar daar het jy dit nou.
maeree
11 Januarie 2008 at 9:12
Wat ‘n vlyende foto??!!! Eeeeeuuuwww!!
Ek het nou lekker gelag vir die uitdrukkings!!
René
11 Januarie 2008 at 15:22
boerinballingskap
11 Januarie 2008 at 15:41
Ek het maar nog altyd dit óf geignoreer en skelpies bly loer; of as ek die ou goed ken in sy oor gaan fluister dat hy moet bere… dis nog nie tyd nie – ons kan later…
K ‘-)
Karin
12 Januarie 2008 at 14:39
Die “as op jou toon” een is interessant, dis natuurlik dat die ou moet afkyk en hopelik sien wat hy moet sien, wat ander mense nie moet sien nie.
mykopop
12 Januarie 2008 at 16:32
Op skool het ‘n seun eendag vie die onderwyser gese “Mnr se Jeep se ligte is aan” Onderwyser se antwoord “Is jy mal, jy weet ek ry nie ‘n Jeep nie!”
Anoniem
14 Januarie 2008 at 16:17
Ha ha ha haaa! Jeep se ligte!!!
mykopop
14 Januarie 2008 at 17:06