Archive for Januarie 2008
George W Bush is oopkop
Sekere dinge kan net in Amerika gebeur. Ek sweer. Die Boston Globe berig dat die Amerikaanse president tydens sy State of the Union toespraak verby kongreslid Barney Frank geloop het. Frank was op die foon, toe Bush sê: “Sê ek sê hallo.” Net sodat die mense kan sien hoe gaaf hulle president is.
Frank het toe maar so gemaak. Maar sy boyfriend wou hom nie glo nie. Die boyfriend het gedog Frank maak ‘n grap.
Na die toespraak vertel Frank toe maar vir Bush dat hy op die foon met sy boyfriend was, waarop Bush geantwoord het:
“Wel, ek hoop jy het hom vertel hoe oopkop ek is.”