Archive for November 3rd, 2007
Klim uit die kas! Klim uit die kas!

Soms moet mens in die spieël kyk en die waarheid wat jou aangluur, konfronteer. Dit help nie om ander pad te kyk nie. Dit is maar net weer daar as jy volgende keer jou gesig was.
Ek kyk deur my musiekversameling. Emmylou Harris. The Dixie Chicks. Shania Twain. Johnny Cash. Soggy Bottom Boys. Ensovoorts.
Ja, ek luister Country. En ek hou daarvan.
Oe, dit is mooi.