riviersonderend

Archive for Oktober 2007

Jonny Wilkinson oor Boeddhisme

with 10 comments

jonny-wilkinson.gif

Vanaf Times Online:

… I have, for example, learnt a lot from the doctrines of Buddhism.

Don’t get me wrong. Don’t think: “Jonny’s now a Buddhist.” I am not. I have just been finding a direction, learning different ways of looking at life and taking bits I could use and discarding bits I could not. It has taken me everywhere. Even down to the basics of how to relax, looking at meditation or better sleeping.

The Buddhist principles have been fascinating and there were shared principles from writers such as Robin Sharma and Deepak Chopra. How does all that impact on a game of rugby? I can’t answer that. All I know is it’s enough to help me to proceed in a way that makes me happy enough to go out there and be proud of who I am and what I hope I can bring to this team.

Written by George Maru

21 Oktober 2007 at 17:55

Posted in boeddhisme, nuus

Tagged with , ,

Prioriteite

with 4 comments

‘n Zen-meester het langs ‘n rivier gemediteer. ‘n Jong vrou wat verby hom geloop het, het hom onderbreek met ‘n versoek: “Meester, ek wil jou dissipel word.”

“Hoekom?” wou die man weet.

“Want ek wil God vind,” het die vrou geantwoord.

Die meester het opgespring, haar aan haar hare gegryp en na die rivier gesleep. Hy het haar kop onder water gedruk, terwyl sy tevergeefs gespartel het. Na ‘n rukkie het hy haar kop uit die water gelig, en gevra: “Waarna het jy die meeste gesmag terwyl jy onder water was?”

“Suurstof,” het sy uitasem geantwoord.

“Nou maar goed,” het die meester geantwoord, “gaan huis toe en kom terug wanneer jy God net soveel soek as die suurstof.”

Written by George Maru

21 Oktober 2007 at 16:30

Posted in boeddhisme

Tagged with ,

Dumbledore toe al die tyd gay

with 9 comments

J.K. Rowling, skrywer van die Harry Potter-boeke, het Vrydagaand tydens ‘n vraag-en-antwoord sessie in New York, onthul dat Dumbledore gay is:

Newsweek berig:

One fan asked whether Albus Dumbledore, the head of the famed Hogwarts School of Wizardry and Witchcraft, had ever loved anyone. Rowling smiled. “Dumbledore is gay, actually,” replied Rowling as the audience errupted in surprise. She added that, in her mind, Dumbledore had an unrequited love affair with Gellert Grindelwald, Voldemort’s predecessor who appears in the seventh book. After several minutes of prolonged shouting and clapping from astonshed fans, Rowling added. “I would have told you earlier if I knew it would make you so happy.”

Written by George Maru

20 Oktober 2007 at 10:12

Posted in nuus

Tagged with , , ,

Hoe dink jy?

with 30 comments

Hier is ‘n dame wat in die rondte draai. Draai sy kloksgewys, of anti-kloksgewys? Ek hoor veral van diegene wat haar anders sien draai as ek. Want ek het nou gekyk en gekyk en ek kan haar nie so sien draai nie. Ek is seker ek word vir die gek gehou.

Ek sal later die skakel plaas, asook wat dit beteken. (Toemaar, jou antwoord is nie ‘n aanduiding van jou geestestoestand nie. Dit mag jou wel as die ingenieurstipe ontbloot.)

UPDATE: Help, ek raak mal. Sy draai nou alle kante toe!!

UPDATE UPDATE: Nou draai sy net kloksgewys. Ek kry haar nie getip nie! En ek het ‘n kopseer.

movement.gif

Written by George Maru

15 Oktober 2007 at 19:32

Posted in sielkunde, sommer net

Oor die kopskrif se foto’s

with 5 comments

Teen die tyd het lesers seker agtergekom dat die kopskrif se foto’s meer gereeld verander. Die nuwe foto is van ‘n bamboeswoud. Dit is iewers in die Ooste geneem. Die aanhaling kom uit die rolprent Crouching Tiger, Hidden Dragon.

 

bamboes.jpg

Die vorige een is ‘n foto van gebedsvlae. Die gebruik van gebedsvlae kom veral in die Himalajas voor en kan waarskynlik teruggevoer word na die Bön-geloof. Dit het in Tibet gefloreer voor die koms van Boeddhisme in die 7de eeu.

Die gebedsvlae bevat mantras van verskeie bodhisattvas, soos Avalokiteśvara, die bodhisattva van barmhartigheid. Die vlae dien as simbole van vrede, omgee, medelye, krag en wysheid.

 

gebedsvlae.jpg

Written by George Maru

14 Oktober 2007 at 14:32

Posted in algemeen

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.