Archive for Oktober 28th, 2007
Aaarrrrggghh!
Ek wens iemand kan aan my verduidelik hoekom dit so moeilik is vir 1time om ‘n vlug min of meer op tyd te laat vertrek en nie 2/3 ure later nie. Veral nie as die vlug vir 21.00 op ‘n Sondagaand geskeduleer was nie.
In elk geval.
Dit is tyd vir ‘n nuwe kopskrif-foto.
Die kopskrif is van ‘n skildery van William-Adolphe Bouguereau. Op sy dag is hy gesien as een van die wêreld se grootste skilders. In 1900 het Degas en Monet gemeen dat hy onthou sal word as een van die grootstes. Degas het dit waarskynlik ironies bedoel as kommentaar op die smaak van toekomstige geslagte.
Die skildery se titel is “Dante en Vergilius in hel.”

O ja, voor ek vergeet, dankie vir die ekumeniese interblogskakeling. Ons maak weer so.