Archive for Oktober 24th, 2007
Resistance is futile; you will be assimilated
Teen 2027 behoort rekenaars mense in intelligensie verby te steek. Teen 2045 sal ons die “Singularity” bereik. Dit beteken dat tegnologie so vinnig sal ontwikkel dat suiwer biologiese wesens, soos die mens nou, nie meer sal kan verstaan nie.
Kurzweil meen ook dat daar ‘n tyd sal kom wanneer vituele seks beter en lekkerder as die ware Jakob sal wees. Oor 20 jaar sal rekenaars bewussyn hê.
Die era sal aanbreek wanneer ons en tegnologie sal saamsmelt – jou brein sal wemel van nanobots. Hierdie mens sal post-menslik wees. Kurzweil sien nie ‘n ander alternatief vir die mens as om saam te smelt met tegnologie in die toekoms nie.