Archive for Oktober 15th, 2007
Hoe dink jy?
Hier is ‘n dame wat in die rondte draai. Draai sy kloksgewys, of anti-kloksgewys? Ek hoor veral van diegene wat haar anders sien draai as ek. Want ek het nou gekyk en gekyk en ek kan haar nie so sien draai nie. Ek is seker ek word vir die gek gehou.
Ek sal later die skakel plaas, asook wat dit beteken. (Toemaar, jou antwoord is nie ‘n aanduiding van jou geestestoestand nie. Dit mag jou wel as die ingenieurstipe ontbloot.)
UPDATE: Help, ek raak mal. Sy draai nou alle kante toe!!
UPDATE UPDATE: Nou draai sy net kloksgewys. Ek kry haar nie getip nie! En ek het ‘n kopseer.
