riviersonderend

Archive for Oktober 14th, 2007

Oor die kopskrif se foto’s

with 5 comments

Teen die tyd het lesers seker agtergekom dat die kopskrif se foto’s meer gereeld verander. Die nuwe foto is van ‘n bamboeswoud. Dit is iewers in die Ooste geneem. Die aanhaling kom uit die rolprent Crouching Tiger, Hidden Dragon.

 

bamboes.jpg

Die vorige een is ‘n foto van gebedsvlae. Die gebruik van gebedsvlae kom veral in die Himalajas voor en kan waarskynlik teruggevoer word na die Bön-geloof. Dit het in Tibet gefloreer voor die koms van Boeddhisme in die 7de eeu.

Die gebedsvlae bevat mantras van verskeie bodhisattvas, soos Avalokiteśvara, die bodhisattva van barmhartigheid. Die vlae dien as simbole van vrede, omgee, medelye, krag en wysheid.

 

gebedsvlae.jpg

Written by George Maru

14 Oktober 2007 at 14:32

Posted in algemeen

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.