Archive for Oktober 6th, 2007
Envoi

Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom:
Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle gaan almal dood, die een soos die ander.
Almal het net een asem.
Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie.
Alles kom tot niks.
Almal is op pad na dieselfde plek toe.
Almal is van stof en word weer stof.
Wie weet of die asem van die mens opstyg boontoe en of die asem van die dier afgaan ondertoe?