Archive for Oktober 2007
‘n Tequila vir Santa Muerte
Liewe leser.
Ek is jammer. Ek is bitterlik jammer. Bitterlik.
Vanaand het ek slegs 2 doelwitte gehad. Om vir julle ‘n Halloween-storie oor die baobhan sith te skryf en om vir Trevor Manuel tevrede te stel.
Ek het in beide gefaal, want Doodles het my pad gekruis.
Dus kan daar nie stories wees nie.
Ten minste hoop ek dat julle ‘n tequila aan Santa Muerte sal offer. Maar omdat sy nie kan drink nie, sal julle maar namens haar die offer moet aanvaar.

(Die foto het ek by Time gegaps.)
Sorry.
Gacela de la muerte oscura

I want to sleep the sleep of apples,
far away from the uproar of cemetaries.
I want to sleep the sleep of that child
who wanted to cut his heart out on the sea.
I don’t want to hear that the dead lose no blood,
that the decomposed mouth is still begging for water.
I don’t want to find out about grass-given martyrdoms,
or the snake-mouthed moon that works before dawn.
I want to sleep just a moment,
a moment, a minute, a century.
But let it be known that I have not died:
that there is a stable of gold in my lips,
that I am the West Wind’s little friend,
that I am the enormous shadow of my tears.
Wrap me at dawn in a veil,
for she will hurl fistfuls of ants;
sprinkle my shoes with hard water
so her scorpion’s sting will slide off.
Because I want to sleep the sleep of apples
and learn a lament that will cleanse me of earth;
because I want to live with that dark child
who wanted to cut his heart out on the sea.
(Federico Garcia Lorca)
Aaarrrrggghh!
Ek wens iemand kan aan my verduidelik hoekom dit so moeilik is vir 1time om ‘n vlug min of meer op tyd te laat vertrek en nie 2/3 ure later nie. Veral nie as die vlug vir 21.00 op ‘n Sondagaand geskeduleer was nie.
In elk geval.
Dit is tyd vir ‘n nuwe kopskrif-foto.
Die kopskrif is van ‘n skildery van William-Adolphe Bouguereau. Op sy dag is hy gesien as een van die wêreld se grootste skilders. In 1900 het Degas en Monet gemeen dat hy onthou sal word as een van die grootstes. Degas het dit waarskynlik ironies bedoel as kommentaar op die smaak van toekomstige geslagte.
Die skildery se titel is “Dante en Vergilius in hel.”

O ja, voor ek vergeet, dankie vir die ekumeniese interblogskakeling. Ons maak weer so.
Woohoo! The crazy ones
Môre word jy gebore te midde van groot opgewondenheid. Mense sal na hulle asem snak. Hulle sal “oe” en “ah”. Hulle sal na jou kyk en begeer. Die media sal liries oor jou berig op CNN, BBC, in The New York Times, The LA Times, Washington Post en dalk selfs in Suid-Afrika.
Met watter byvoeglike naamwoorde sal ‘n mens jou beskryf? Intuïtief? Uitmuntend? Voortreflik? Die beste? Die gevorderdste?
Woorde beskryf jou so gebrekkig. Daar is nie ‘n ander soos jy nie.
Jy is die mooiste van alle katte.
Jy maak van my ‘n geek, ‘n fan boy, goeters wat ek nooit gedink het ek kon of wou word nie.
Kom Leopard, kom gou! Haas jou vinnig oor die waters na Afrika.
Resistance is futile; you will be assimilated
Teen 2027 behoort rekenaars mense in intelligensie verby te steek. Teen 2045 sal ons die “Singularity” bereik. Dit beteken dat tegnologie so vinnig sal ontwikkel dat suiwer biologiese wesens, soos die mens nou, nie meer sal kan verstaan nie.
Kurzweil meen ook dat daar ‘n tyd sal kom wanneer vituele seks beter en lekkerder as die ware Jakob sal wees. Oor 20 jaar sal rekenaars bewussyn hê.
Die era sal aanbreek wanneer ons en tegnologie sal saamsmelt – jou brein sal wemel van nanobots. Hierdie mens sal post-menslik wees. Kurzweil sien nie ‘n ander alternatief vir die mens as om saam te smelt met tegnologie in die toekoms nie.