Archive for September 2007
Donderdagaand #3: Niemand sal slaap nie. Nee, niemand sal slaap nie!
Good grief. Pavarotti is dood. Die grafsteen is reeds bestel, die Grand Prix suis nie meer in die priester se ore nie, en mense faait reeds oor sy geld. En riviersonderend het nog nie ‘n woord gespreek oor die groot man se heengaan nie. Sies!
Dit alleen is genoeg rede om die blog te delete.
Ter verdediging moet ek darem vermeld dat poësie en verwante strooi my besig gehou het. Maar dit is nou verby. Vir eers.
Wat sê ‘n mens oor Pavarotti? Wel, hy het opera gesing. En om oor opera te praat, beteken dat ek by myself sal moet begin.
Sien, George het ‘n persoonlikheid met sentimentele neigings. Met ander woorde, sy onderbewuste of onbewuste of whatever, maak dat hy aangetrokke is tot flieks soos Beaches (of dan Forever Friends, as jy wil). Dit is ‘n kondisie waarmee jy gebore word en geleidelik leer om mee saam te leef.
Dit is hoe dit is.
(Terloops, as die titel van die inskrywing nou nog nie vir jou sin gemaak het nie, lewer asseblief kommentaar en sê so, sodat ek met jou kan spot. Jy is ‘n opera troglodiet. Nie iets om op trots te wees nie, as jy gewonder het.)
So, ek hou van opera. Opera is ‘n wonderlike kunsvorm. Ek is mal vir die sentimentaliteit en die melodrama. Opera vermag iets wat min kunsvorms regkry. Dit word beskou as hogere kuns vir die uitgesoekte minderheid wat die aanvoeling het om hierdie tipe dinge te verstaan. Alles baie la di dah. Whatever.
Maar.
As dit jou opinie van opera is, het jy nog nie ‘n libretto behoorlik onder oë gehad nie. Daar is ook geen verskoning om onkunde te pleit nie. Met die koms van tegnologie, het boskrifte dit moontlik gemaak om na die musiek te luister en te volg waaroor hulle sing. Die puriste sal seker hulle lippies verontwaardig saamtrek. Hulle moere.
As jy eers begin om die boskrifte te volg, dan ontrafel hierdie hogere kuns vreeslik. Jy sal nooit weer ‘n soap op TV wil kyk nie. Opera is wat mense gekyk het voordat daar TVs was.
En vandag meen ons dit is hogere kuns.
In die opera Turandot is daar ‘n hardvogtige prinses wat die een man na die ander laat doodmaak. Hulle wil met haar trou, maar kan nie omdat sy vir hulle ‘n raaisel gee. Dit kan hulle nie antwoord nie en dan moet hulle sterf.
Een uitgeslape kalant troef haar, en sy moet sy naam raai, anders moet sy met hom trou. Hierdie man sing dan een van die bekendste opera arias: Nessun Dorma.
Hy sing:
Niemand sal slaap nie! Nee, niemand sal slaap nie!
Selfs jy, Prinses, in jou koue kamer, kyk na die sterre wat bewe in liefde en hoop.
Maar ek versteek my geheim diep binne my. Niemand sal my naam raai nie.
Nee! Nee! Met die eerste sonstraal, as ek jou soen, sal ek jou sê.
My soen sal die stilte breek en jy sal myne wees!Dan sing ‘n klomp vrouens:
Niemand sal sy naam ken nie en ons sal sterf. Helaas!Dan sing hy weer:
Verdwyn nag! Sterre, sterf dan nou! Sterf!
Wanneer die son opkom, sal ek triomfeer!
Ek sal triomfeer! Ek sal triomfeer!
(Let op al die uitroeptekens.)
Vir die wat wonder: hy wen. Sy moet met hom trou. Die heks word ‘n prinses.
En enigeen wat al ‘n opera gesien het, sal weet, dat mense nie maklik sterf in ‘n opera nie. Soms gebeur dit geweldadig. Neem nou maar vir Tosca as voorbeeld. Sy maak ‘n man heel koelbloedig dood en die hele proses neem sy tyd. Sy moet eers een van die bekendste arias in opera sing: Vissi d’Arte (Ek het geleef vir my kuns, ek het geleef vir my liefde). Komaan, dit is mooi! Dit roer jou op soveel vlakke, baie meer as die bose man wat binnekort stadig gaan sterf met ‘n rooi lap wat by sy pens uitpeul. Hy verdien sy dood absoluut.
Moenie Aïda vergeet nie. Die twee raak verlief (ek maak nou rerig ‘n lang storie kort – maar watter Mills & Boons storie kan jy nie in een bladsy vertel nie. Maar dit is nie die punt nie, en dit is die punt.) Aan die einde land hulle saam in ‘n graftombe en wag vir die suurstof om op te raak sodat hulle in mekaar se arms kan sterf. Baie romanties. In plaas daarvan om hartstogtelik mekaar te vry in hulle laaste oomblikke, kies hulle om hulle suurstof op te sing. “O! Ek het jou so lief! En ek vir jou! Nee, ek het jou liewer! O my lief! My lief! O my lief, ons is gefok!” (Dit is ‘n effe vrye vertaling van die libretto. Ek moet toegee.)
Maar my all-time-favourite is La Traviata (Die gevalle vrou). En boy, het sy geval. Violetta se dood is dramaties. Sy vat ‘n ewigheid om te sterf. Ek het die opera nou al meer as eenkeer gesien, en elke keer sit ek op die punt van my stoel as sy begin doodgaan. (Laat ek so verduidelik vir mense wat nooit ‘n opera gesien het nie. Jy was waarskynlik al in ‘n kerk waar jy gedog het die dominee is nou by die preek se einde. Maar dit is soos ‘n boeing wat gereed maak om te land. Net voor die boeing moet land styg hy weer op. En so gaan dit aan. Die hele gemeente snak al na hulle asems, en wil begin om hulle besittings bymekaar te maak om huiswaarts te keer, net om te hoor: “Maar broers en susters…” Dit is amper dieselfde in opera, behalwe dat opera fun is.) Sy raak lief vir ‘n man en roep haar “vorige lewe” vaarwel toe. Maar sy het TB. So sy móét doodgaan op die allerverskriklikste, grusaamste wyse.
Dan val sy op die bed. Kug kug. Sing bietjie. Gaan dood ‘n bietjie. Spring op. Val vorentoe. Gaan dood ‘n bietjie. Kug kug. Sy val. Probeer van die vloer opstaan. Sukkel effe. Die tenoor help nie, want hy moet sing en konsentreer op die moeilike deeltjie wat Verdi ingesit het vir afshow. Not to worry. Sy spring weer op. Gaan dood ‘n bietjie. Val op die bed. Sing ‘n bietjie. Kug kug. Ek pluk my sakdoekie uit (wat ek toevallig nie gebruik om snot in te blaas nie – nee, sies man! Wil jy dit nou weer terugdruk in jou broeksak?) Vee die sweetdruppels van my voorkop af.
Intussen sterf Violetta steeds ‘n aardige dood.
Maar sterf sterf sy. Dan word alles stil. Sy is dood. Die laaste viool sterf ook. Tannies in glitterrokke, ek, en ander sentimentele tipes snak na hulle asems. Dit is verby. Die mense staan op uit hulle stoele en juig. Violetta spring op vir die encore.
Dit was mooi.
Dit is opera. ‘n Bietjie hiervan en ‘n bietjie daarvan. In sy biljante roman, Foucault’s Pendulum, is daar ‘n stukkie dialoog tussen twee van Umberto Eco se hoofkarakters.
“What reality?” he asked me. “Maybe only cheap fiction gives us the true measure of reality. Maybe they’ve deceived us.”
“How?”
“Making us believe that on one hand there is Great Art, which portrays typical characters in typical situations, and on the other hand you have the thriller, the romance, which portrays atypical characters in atypical situations. No true dandy, I thought, would have made love to Scarlett O’Hara or even to Constance Bonacieux or Princess Daisy. I played with the dime novel, in order to take a stroll outside of life. It comforted me, offering the unattainable. But I was wrong.”
“Wrong?”
“Wrong. Proust was right: life is represented better by bad music than a Missa solemnis. Great Art makes fun of us as it comforts us, because it shows us the world as the artists would like the world to be. The dime novel, however, pretends to joke, but then it shows us the world as it actually is – or at least the world as it will become. Women are a lot more like Milady than they are like Little Nell, Fu Manchu is more real than Nathan the Wise, and History is closer to what Sue narrates than to what Hegel projects. Shakespeare, Melville, Balzac, and Dostoyevski all wrote sensational fiction. What has taken place in the real world was predicted in penny dreadfulls.”
Ek hou van beide. En opera het ‘n bietjie van beide.
Pavarotti was een van die beste eksponente van hierdie kunsvorm. Vandag is hy nie meer nie, maar ons het steeds vir Nessun Dorma. Ek hoor steeds sy stem as hy E lucevan le stelle sing (ek is nou te lui om te vertaal, sorrie):
And the stars were shining,
and the earth smelled sweet,
the garden gate scraped,
and a step brushed the sand.
She came in, fragrant,
and fell into my arms.
Oh! sweetest of kisses, oh! languorous caresses,
while I trembled as I loosed her lovely features concealed by her mantle!
My dream of love has vanished for ever,
The moment has passed, and I die in despair!
And I never have loved life so much!
Nag ou grote. Jy, en dit waarvoor jy geleef het, het my reeds so baie gegee. Nooit sal die wêreld kan slaap nie, solank daar mense soos jy is.
Donderdagaand #2
‘n Gesprek in ‘n restaurant in De Waterkant.
H: Your prawn and asparagus pasta looks fantastic. Could you recommend it?
Waiter: Oh no. I would much rather recommend the prawn (and whatever) pasta.
Donderdagaand #1
Goed. Dit is Donderdagaand en hier volg 3 posts vinnig opmekaar. Moet nooit sê dat Riviersonderend nie deliver nie. Good grief, mense, dit is nie die nuwe Suid-Afrika nie! Die redes hoekom daar nou 3 posts vinnig op mekaar gaan volg, is te obskuur om te verduidelik. Reg. Nommer 1.
Staan bietjie stil. Nee, soos in, hou op dink aan al jou stuff. Staan stil. Nog stiller. Stiller.
Stiller.
Nog.
Lang asem in. En uit.
Dink gou aan ‘n paar stories oor jouself wat jy nóú kan vertel. Soos in nóú. Stuff, dinge wat met jou gebeur het, dinge oor wie jy is. Dinge wat so fantasties anders is, selfs al is dit alledaags.
As jou antwoord was, “Ag, daar is nie juis nou iets nie, jy weet”, miskien is dit tyd om stil te raak en bietjie te dink oor jou lewe en al daai stuff, of phone a friend.
Laat hulle jou vertel.
Oor die opstanding
Die gesprekke wat die afgelope tyd op die blogosfeer woed, het my laat dink aan die gesprek wat Karen Armstrong met een van haar leermeesters gehad het, toe sy nog ‘n non was. Sy het ‘n kursus – Apologetiek – gedoen en moes ‘n opstel skryf oor die rasionele gronde om die opstanding te bely.
Die gespek het as volg verloop, nadat sy gekomplimenteer is oor die goeie werk wat sy ingehandig het (The Spiral Staircase, p. 32):
“But Mother,” I suddenly found myself saying, “it isn’t true, is it?”
Mother Greta sighed, pushing her hand under her tightly fitting cap and rubbing her forehead as if to erase unwelcome thoughts. “No, Sister,” she said wearily, “it isn’t true. But please don’t tell the others.”
This did not mean that Mother Greta did not believe in the resurrection of Jesus, or that she had lost her faith. But she had studied at the prestigious Catholic University of Louvain in Belgium and knew that the kind of essay I had written was no longer regarded as a respectable intellectual exercise. A careful study of the resurrection stories in the gospels, which consistently contradict one another, shows that these were not factual accounts that could ever satisfy a modern historian, but mythical attempts to describe the religious convictions of the early Christians, who had experienced the risen Jesus as a dynamic presence in their own lives and had made a similar spiritual passage from death to life.
Ek dink nie mens kan mense ophou vrae laat vra nie. Behalwe as jy hulle afsonder, straf as hulle dink en alle boeke verbrand. (Met laasgenoemde kan CUM-Boeke help. Behalwe vir die pienk boekies natuurlik.)
Die klein dingetjies wat mense doen
Hierdie is so ‘n cool storie oor hoe eenvoudig dit soms is om ‘n verskil te maak.
Onlangs het ‘n leerling van Nova Scotia by sy skool opgedaag met ‘n pienk hemp. Dit was sy eerste dag by die skool. 6 tot 10 boelies het om hom saamgedrom en wou weet of hy dan gay is. Mans dra mos nie pienk nie. Hulle het gesê dat hulle vir hom sal platmoer as hy weer só by die skool aankom.
Twee senior studente het gesien wat gebeur. Die middag toe hulle by die huis kom, het hulle op die internet geklim en leerlinge van die skool versoek om die volgende dag pienk aan te trek. Hulle het ook 75 tank tops saamgeneem om uit te deel.
Die volgende dag het sowat helfte van die skool se 830 leerlinge pienk aangehad. Die boelies was woedend – die een het stoele rondgeklap in die kafeteria. Een van die boelies wou van die barmhartige Samaritaan weet of dit hom nie pla dat mans wat pienk dra homoseksueel is nie.
Die barmhartige Samaritaan het geantwoord dat dit nie saak maak nie, en vir niemand behoort saak te maak nie.
** Toughenoughtowearpink.com is ‘n oganisasie wat help om borskanker te beveg.
*** Die student wat geboelie is, het daardie dag weer pienk gedra.

