riviersonderend

Archive for September 16th, 2007

Die klein dingetjies wat mense doen

with 2 comments

blog_pinkshirt.jpgtough.gif

Hierdie is so ‘n cool storie oor hoe eenvoudig dit soms is om ‘n verskil te maak.

Onlangs het ‘n leerling van Nova Scotia by sy skool opgedaag met ‘n pienk hemp. Dit was sy eerste dag by die skool. 6 tot 10 boelies het om hom saamgedrom en wou weet of hy dan gay is. Mans dra mos nie pienk nie. Hulle het gesê dat hulle vir hom sal platmoer as hy weer só by die skool aankom.

Twee senior studente het gesien wat gebeur. Die middag toe hulle by die huis kom, het hulle op die internet geklim en leerlinge van die skool versoek om die volgende dag pienk aan te trek. Hulle het ook 75 tank tops saamgeneem om uit te deel.

Die volgende dag het sowat helfte van die skool se 830 leerlinge pienk aangehad. Die boelies was woedend – die een het stoele rondgeklap in die kafeteria. Een van die boelies wou van die barmhartige Samaritaan weet of dit hom nie pla dat mans wat pienk dra homoseksueel is nie.

Die barmhartige Samaritaan het geantwoord dat dit nie saak maak nie, en vir niemand behoort saak te maak nie.

** Toughenoughtowearpink.com is ‘n oganisasie wat help om borskanker te beveg.

*** Die student wat geboelie is, het daardie dag weer pienk gedra.

Written by George Maru

16 September 2007 at 7:58

Posted in nuus

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.