Archive for September 14th, 2007
Laat my langs die heidene wandel
Good grief. Sendingwerk is ook nie meer wat dit was nie. The Daily Dish berig dat Mormoonse sendelinge ‘n kalender uitgebring het. Mnr. Januarie tot en met Mnr. Desember – lees meer op hulle webwerf “Mormons Exposed“.
Dit is vir seker nie hoe ek die gawe Mormone onthou toe hulle my van die Boek van Moroni vertel het nie. Noudat ek terugdink, besef ek dat ek hulle eintlik vreeslik stief behandel het. Sies.
Hier is Matthew. Hy doen sendingwerk in Kaapstad.
Dit is egter onbekend waar jy jouself as sendingobjek moet aanmeld.
