riviersonderend

Archive for September 10th, 2007

Die paaie wat mense loop

with 7 comments

58 jaar gelede is sy gebore. Sy is grootgemaak met die Bybel en geleer dat dans, alkohol, fliek en denims sonde is. Later het sy gerebelleer teen die fundamentalistiese geloof waarmee sy grootgemaak is.

Daarna het sy vir ‘n paar jaar gefloat, in Kalifornië en Japan gebly. Sy het teruggekeer na Amerika, by ‘n plaaslike kerk aangesluit, getrou, twee kinders gehad en later geskei. Sy het opgehou om kerk toe te gaan.

In 1995 het sy ‘n lesing bygewoon deur ‘n Boeddhistiese leermeester. Sy het besef dat sy aangetrokke is tot sy kalmte en die boodskap van liefde en medelye. Sy het begin mediteer by die Shambala Boeddhistiese Sentrum in Milwaukee.

Vandag is Judy Franklin die eerste vrou in Amerika se midweste wat as non in die Theravada Boeddhisme bevestig is.

As dit in jou bloed is, is dit in jou bloed.

Written by George Maru

10 September 2007 at 20:10

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.