riviersonderend

Archive for September 9th, 2007

Ek is bly

with 7 comments

Uiteindelik, na heelwat uitstel, het ek ‘n nuwe internetfase betree. Ek het ‘n rekening oopgemaak op iTunes om musiek, TV-programme en flieks te kan aftrek. Teen $ 1.99 kan jy TV programme sien wat jy andersins nooit in Suid-Afrika te sien sal kry nie.

Die flieks is nog maar aan die eina kant, en het my nog nie beïndruk nie. Maar dit maak nie saak nie.

Ek dink wel dat dit die begin van die einde van tradisionele TV en die musiekbedryf, soos ons dit nou ken, is. Hoekom jou laat voorsê deur ‘n TV-stasie oor wanneer jy ‘n program moet kyk? Hoekom R 150.00 vir ‘n CD betaal as daar net 2 songs op is wat die moeite werd is? Wel, hoekom meer as $ 9.99 vir ‘n CD betaal?

Die volgende stap in die evolusie van die internetvermaak-bedryf, sal wees wanneer jy videos sal kan huur op ‘n diens soos iTunes. Dink net. Nooit weer hoef jy beperk te voel deur die keuses van die plaaslike videowinkel nie.

Intussen sterf doeane en aksyns ook ‘n stille dood.

Natuurlik word Suid-Afrika belemmer deur ‘n gebrek aan infrastruktuur en die Hellkom monopolie. Ek dink nie dit is op die oomblik werklik sinvol om ‘n 1 Gig fliek af te laai hier nie. Maar wag maar, ook dit sal verander.

Die snelle pas waarteen tegnologie ontwikkel, laat regerings en sommige industrieë in die stof byt.

Written by George Maru

9 September 2007 at 11:32

Posted in sommer net

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.