die sleepwaentjie is die aand voor die tyd gepak (dit was nie ‘n ventertjie nie – pa het dit self gemaak) sodat ons betyds 4 uur die oggend in die pad kon val beaufort-wes toe waar oom r gewag het dat ons sy jongste vonds van hoenderpastytjies en eetgoeterjies kon uitprobeer en oe en ah oor hoe lekker dit eet terwyl ons swembroeke aantrek om kort daarna deur die druiwe-prieël te hardloop na die sementdam kompleet met climax sodat ek en boeta lekker moeg die aand in die chev-stasiewa aan die slaap kon raak saam met ben omdat honde nie in die huis mog kom nie en ben nie ‘n nag buite alleen sou oorleef nie het ons nie omgegee nie want later as die son skyn sien oslerstraat, stilbaai-oos ons weer
en dit was beaufort-wes
In 1995 ontvang Gert Vlok Nel die Ingrid Jonker-prys vir sy bundel om te lewe is onnatuurlik. Hy skryf onder andere oor Beaufort-Wes en treine.
i dag iewers êrens wie onthou
ons het seks gehad.
ek wou iets fluister vir die okkasie
maar het wyslik geswyg
dit was my eerste keer.
joune ook, so’t jy geknik.
hoe moes ek weet ek’s so dom.
ek was 23, jy 19.
goeie leeftyd, goeie tye, veral daai 19 -
die môre het ons romanties ver in die wêreld aan’t kitty gevind.
daar was i irrelevante doringboom langs die kar.
en jy’t my hare gestreel, of onthou ek.
jy’t nooit i dooie woord gesê die hele tyd nie.
en nooit gelag nie.
en nooit gehuil nie.
skielik was daar i dringende klop wie de moer.
“julle’s op private property” (i fokken woedende boer).
naderhand het ons reën geloop die veld die dam
gesien hoe vertak i bloekom teen die grimmiger lug.
en by sy huisie, herinnerend en nie, was Oupa in sy teer lyf
êrens subtiel & brutaal sterwend, in alle erns.
en elders mooi Naatjie haar kamer wat oop wakker skrik
see & land & lug in haar vreesbevange blik.
maar hier het ons nie geweet nie.
hulle was oor die horison na gister of môre.
johannes_11 said
George
Dit was in Stilbaai-oos wat ek 3jaar en 9maande gelede die eerste keer die oor die radio-uitsendings van Family Radio (oor die AM 1197khz frekwensie in die aande) moes “ontdek” dat die “moeder van die hoere” (van Openbaring 17 en 18) niemand anders is as die organisme van kerke en kerkstrukture is nie….!
En ek kan jou verseker daar was geen seks op enige private property te sake nie….!
Groot was die ontnugtering toe ek moes ontdek ek is (deel van) die hoer?
…..en uitgevang deur die Boer.
johannes coetzee
NS
Ek het aanvanklik gedink dat Stilbaai die “hemel” moes wees. Want dis die plek waar baie “broeders” en predikante gaan “aftree”…! Om natuurlik hulle “laaste dae” stil deur te bring…. en dit het niks met die Laaste Dae wat (heelwaarskynlik) in 2011 gaan aanbreek nie, te make nie.
boerinballingskap said
GVN is ‘n genie.
Theo said
GVN is lui.
Johan Swarts said
As GVN lui is, is Cummings seker ook lui?