Brief aan die Dalai Lama
Beste Dalai Lama,
Jy verstaan seker nie Afrikaans nie, so jy sal nie lees wat ek hier vir jou skryf nie. Dalk is dit beter so, want ek gaan jou binnekort ‘n drol noem. Onder andere.
Vanaand het ek die dokumentêr Cave in the Snow gaan kyk wat handel oor Tenzin Palmo, ‘n Britse vrou wie se soeke na perfeksie haar gelei het na afsondering in ‘n grot in die Himalajas vir 12 jaar. Sy het snags 3 ure geslaap en dan weer gemediteer. In die somer het sy darem ook ‘n groentetuin gemaak. In die wintermaande het dit snags tot -30℃ geword. Dit is nou die tipe ellende waarvoor ek nie gebou is nie.
Na 12 jaar moes sy ophou mediteer, want ‘n polisieman het by haar grot opgedaag om haar mee te deel dat sy nou reeds 3 jaar onwettig in Indië is en 72 uur het om die land te verlaat. So het haar spirituele reis in die grot tot ‘n einde gekom. Sy is berg-af, enlightened and all that jazz, soos Moses van ouds (maar sonder die tantrums), om die eerste vlug terug Europa toe te haal.
Maar wat skryf ek alles? Jy weet tog hierdie dinge, want jy het haar alreeds ontmoet. Sy is een van die bekendste en gesaghebbendste nonne in Tibetaanse Boeddhisme. In die dokumentêr besoek sy jou om te gesels oor ‘n saak wat haar na aan die hart lê: die skandalige behandeling en beskouing van vroue in Tibetaanse Boeddhisme. Sien julle dink mos vroue is onrein en dat hulle nie Boeddhas kan word nie. Hulle kan net ‘n Boeddha word as hulle as mans reïnkarneer.
Wat ‘n pot kak.
In julle gesprek vra sy dat jy help in hierdie stryd om beter omstandighede vir vroue en nonne te verseker. Ek wil net vir jou vertel dat jou reaksie my aan ‘n jellievis laat dink het. Jy was ‘n regte drol. Hoe het jy nou weer gesê? Jy is eintlik maar net ‘n gewone monnik en kan nie sulke besluite neem nie. Al die sanghas sal moet vergader. Ek het ook nie jou afwysende houding teenoor haar waardeer nie.
Jy het net soos ‘n politikus geklink. Jy is ‘n leier FFS. Neem leiding. Staan op teen ongeregtigheid. Waarvoor mediteer jy tog? Inner peace? Kan jy innerlike vrede hê met die wete dat jóú godsdiens help om vroue te onderdruk? Deur julle belaglike sienings oor vroue in stand te hou, beklemtoon julle juis dualiteit wat julle beweer bloot ‘n illusie is. So much for practising what you preach.
Ek kan nie help om te wonder oor die effektiwiteit van julle praktyke om ‘n beter toekoms en ‘n verruiming in bewussyn te bewerk nie. Vanaand laat jou vriendelike glimlag my nie dink aan innerlike vrede nie. Jy lyk vir my soos ‘n hanswors, ‘n slagoffer van die beperkinge wat die volkseie kultuur so maklik op ‘n mens afdruk.
Jy was ‘n drol in daardie onderhoud.
Fok u, meneer!

Aaaah, briljant. Ek gaan hierdie inskrwying onder my kopkussing bêre vir die volgende week.
Johan Swarts
27 Augustus 2007 at 11:50
Miskien moet jy ook meer algemeen skryf oor politici en predikante , en wat die verkil tussin hulle is (indien enige)
alleman
27 Augustus 2007 at 12:00
George
Het jy nou op jou reistog “moertoe die vreemde in” in poefies getrap…..?
johannes_11
27 Augustus 2007 at 15:34
‘n Boeddha bol…?
LOL (kliphard)
johannes_11
27 Augustus 2007 at 15:36
hei, moer toe die vreemde in is mos C Johan Bakkes, nie waar nie?
Johan Swarts
27 Augustus 2007 at 17:01
Johan, dankie (I guess). Dit is van Bakkes. Johannes gaan nou weer aan oor daai post van my (waarin ek ook gemeld het dat ek die titel by Bakkes gegaps het) wat ek my onsekerhede en stuff uitgeblaker het.
alleman, wil jy nou maak dat almal my gaan haat?
Maar dit is dalk ‘n goeie idee. Ek sal daaraan dink.
Johannes_11, waar was jy mens? Ek het amper gedog dat die datum vervroeg is. Waarvan praat jy mens? Nee, ek het nie in ‘n Boeddhabol getrap nie. Ek is net diep teleurgesteld in die Dalai Lama se onderhoud.
George Maru
27 Augustus 2007 at 20:21
Ek voel of ek wurg.
Ek is bly vir mense soos jy wat die haarbal waaraan ek stik wanneer ek sulke goed hoor so duidelik kan verwoord. Want ek sukkel bloot om asem te kry. Al my energie word spandeer aan die selfbevestiging van my waarde as vrou.
As die Dalai Lama daarin faal, watse hoop bly daar oor vir die res van ons?
idiwidi
28 Augustus 2007 at 7:00
Sorry Dalai Lama … drek.
Godsdiens bly godsdiens… almal werk om iets te verdien wat nie te koop is nie.
johannes
28 Augustus 2007 at 8:35
idiwidi, ek dink tog daar hoop, maar ek voel tog dat daar ook sekere implikasies is wat ek eers verder vir myself probeer deurdink. Ek dink nie mens moet ooit te veel van een mens verwag nie.
Maar ek sal nog hieroor moet wonder.
George Maru
28 Augustus 2007 at 22:15
George
Dalai Lama lieg maar soos enig ander “geestelike” wat hom of haarself onder die gesag van een of ander sinagoge, kerk, tempel of dergelike godsdienstige struktuur bevind.
Die mensdom staan op die punt om vir oulaas vir ‘n tweede keer te ontdek wie hierdie Skepper God van die Bybel werklik is.
(Jes 11:11en12) En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see; en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
Nee ek is noggie weg nie… en 20-1/10/2011 raak toenemend ‘n realiteit. Die Goeie Nuus is besig om soos ‘n veldbrand wereldwyd te versprei. Tune maar gerus in saans tussen 18hoo tot 01hoo op AM 1197khz of http://www.familyradio.com
johannes
29 Augustus 2007 at 15:50
Ek dink ek wroeg omdat dat ek nie voel dis ‘n moerse ding om te vra van die Dalai Lama nie. Dis so ‘n eenvoudige erkenning om te maak – ons is almal ewe waardig.
En as dit dan so eenvoudig is, hoekom gebeur dit nooit nie. Ek haat die feit dat ek altyd as vrou in die hoekie van self-twyfel forseer word.
idiwidi
29 Augustus 2007 at 18:16
Ek wroeg weer oor die implikasies van sekere praktyke wat mindfulness en awareness verbeter en of daar ‘n verband met social awareness is.
Miskien probeer ek late meer verduidelik wat ek bedoel. As ek my gedagtes bymekaar kan hark.
George Maru
29 Augustus 2007 at 23:07
dankie.
idiwidi, jy verwoord dit perfek.
maeree
31 Augustus 2007 at 11:58
[...] wil nog iets sê oor Tenzin Palmo se praatjie verlede week in die Baxter oor “Discovering your sanity“. Maar wat is daar [...]
Gedagtes van oraloor « riviersonderend
26 November 2007 at 21:08