riviersonderend

Archive for Augustus 2007

Jack Kerouac burn, burn, burn

with 2 comments

otr3.jpgotr4.jpgotr5.jpg

Vyftig jaar gelede het Jack Kerouac se boek On the Road verskyn. Allen Ginsberg het eens na Kerouac verwys as “a French Canadian Hinayana Buddhist Beat Catholic savant.” Hierdie boek het die Beat Generation gedefinieer. Vir baie mense het die boek se karakters lewe gekry en vriende geword – weliswaar vriende met wie jy so bietjie kontak verloor het.

Maar jy onthou steeds hulle mal jaagtogte heen en weer oor die breedte van Amerika, op soek na die volgende kick, die volgende high. In die strewe om volkome te leef, elke dag, elke uur, elke minuut, word daar gejaag, gedrink, dwelms gebruik, genaai, Zen verorber en na Jazz geluister. Moet nooit die Jazz vergeet nie.

Dit mag dalk gesien word as vergrype met bepaalde nihilistiese trekke. Dit is dit wel nie. In die New York Times se resensie word verwys na die innerlike dimensie:

Inwardly, these excesses are made to serve a spiritual purpose, the purpose of an affirmation still unfocused, still to be defined, unsystematic. It is markedly distinct from the protest of the “Lost Generation” or the political protest of the “Depression Generation.”

The “Beat Generation” was born disillusioned; it takes for granted the imminence of war, the barrenness of politics and the hostility of the rest of society. It is not even impressed by (although it never pretends to scorn) material well-being (as distinguished from materialism). It does not know what refuge it is seeking, but it is seeking.

Die resensie verwys ook na een van my gunsteling-aanhalings uit die boek van die verteller, Sal Paradise: “The only people for me are the mad ones, the ones who are mad to live, mad to talk, mad to be saved, desirous of everything at the same time, the ones who never yawn or say a commonplace thing, but burn, burn, burn like fabulous yellow roman candles.”

Selfs dit, dink ek, is ‘n reis. Om die lewe te sien en nie te gaap nie, om te ervaar en te begryp en nie in cliches te verval. Want ons sien nie. Ons ervaar nie. Ons begryp nie.

Ons soek nie.

Mag daardie vlam van die Beat Generation in elkeen van ons bly voortleef.

Written by George Maru

31 Augustus 2007 at 7:24

Posted in kuns

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.