riviersonderend

Archive for Julie 2007

Lewe na die dood?

with 22 comments

‘n Interessante artikel in die New York Times wonder of daar ‘n lewe na die dood kan wees sonder God? Is dit moontlik vir mense wat nie in God (of dan die monoteïstiese godsbeeld van die Abrahamitiese gelowe) glo nie, om te glo in ‘n “ewige lewe”?

Blykbaar ja.

Die artikel wys daarop dat die idee van ‘n hiernamaals met beloning vir sommige, en straf vir ander, nie altyd deel was van ons denke nie. So ken die Ou Testament byvoorbeeld nie die idee nie. Jy word in hierdie lewe beloon en gestraf. Dit was die Fariseërs wat die idee van ‘n “nuwe, opgestane liggaam” begin verkondig het. Dit is oorgeneem deur die Christendom.

Hier is ‘n paar gedagtes oor ons moontlike “onsterflikheid”:

In his 1994 book, “The Physics of Immortality,” Frank J. Tipler, a specialist in relativity theory at Tulane University, showed how future beings might, in their drive for total knowledge, “resurrect” us in the form of computer simulations. (If this seems implausible to you, think how close we are right now to “resurrecting” extinct species through knowledge of their genomes.) John Leslie, a Canadian who ranks as one of the world’s leading philosophers of cosmology, draws on quantum physics in his painstakingly argued new book, “Immortality Defended.” Each of us, Leslie submits, is immortal because our life patterns are but an aspect of an “existentially unified” cosmos that will persist after our death. Both Tipler and Leslie are, in different ways, heirs to the view of William James. The mind or “soul,” as they see it, consists of information, not matter. And one of the deepest principles of quantum theory, called “unitarity,” forbids the disappearance of information. (Stephen Hawking used to think you could destroy your information by heaving yourself into a black hole, but a few years ago he changed his mind.)

Die Harvard filosoof, Robert Nozick, wonder of jy nie na jou dood jou eie heelal kry nie (klink cool): “One of the more rococo possibilities he considered was that the dying person’s organized energy might bubble into a new universe created in that person’s image. Although his reflections were inconclusive, Nozick hit on a seductive maxim: first, imagine what form of immortality would be best; then live your life right now as though it were true. And, who knows, it may be true.”

Die artikel eindig met ‘n cool aanhaling van Vladimir Nabokov: “Life is a great surprise. I do not see why death should not be an even greater one.”

Written by George Maru

31 Julie 2007 at 7:56

Gedagte vir die week: kyk na die sterre

with 9 comments

Ek dink ons kyk te min na die sterre. Veral as ‘n mens buite die stad is, moet jy die kans benut. En hopelik is die somer nie meer te ver nie. Dan kan ‘n mens jou op jou rug op die gras uitstrek en na die sterre staar. Die week se gedagte van Lama Surya Das.

Find a comfortable seat outside, preferably with a view. Close your eyes. Take a few deep breaths and let go. Rest naturally and at ease in your body.

Allow all sense experiences to pass, like clouds in a vast, clear sky. Simply observe. Be still. Everything is right here. Let go and let be. Nothing to do; nothing to figure out, understand or achieve. Simply present. At home and at ease. Allow breathing to move in and out, on its own. Let body and mind settle naturally in its own place, in its own time.

Now, slowly open your eyes and elevate them skyward. Gaze evenly into the infinite sky with quiet eyes. Space like mind has no beginning or end, no inside or outside, no actual form, color size, or shape. Let go and relax the mind, allowing it to dissolve into this infinite, empty spacious awareness.

Allow thoughts, feelings, and sensations to come and go freely, casting everything off into vast sky-mind. Let go. Let be. At ease. As is. In the vast, empty perfect spaciousness of the sky. This is pristine awareness, the innate Great Perfection.

Written by George Maru

30 Julie 2007 at 7:16

5 Klassieke musiek CDs vir ‘n eiland

with 8 comments

As ek na ‘n verlate eiland gaan en ek kan vyf klassieke musiek CDs saamneem, wat sal dit wees?

Arvo Pärt – Alina: Die CD bevat net twee stukke, Spiegel im Spiegel en Für Alina. Spiegel im Spiegel word 3x uitgevoer (klavier en viool, klavier en tjello, klavier en viool) en Für Alina 2x (klavier). In Pärt se bekwame hande, word stilte note. Dit is musiek wat jou denke laat weifel, jou gemoed stilmaak, en jou hart weerloos laat.

Edward Elgar – Cello Concerto, uitgevoer deur Jacqueline du Pre: Ek het trane in my oë gehad, die eerste keer wat ek haar gehoor het.

Max Bruch – Kol Nidrei: (Alle geloftes) Die variasies vir tjello is geïnspireer deur ‘n Joodse melodie wat op die vooraand van die Versoendag gesing word.

Henryk Gorecki – Symphony No. 3 “Symphony of Sorrowful Songs”: Ek wil eintlik later oor die simfonie blog. Die 3 bewegings bevat sekerlik van die hartseerste tekste wat al in ‘n simfonie gesing is. Van die gebed wat deur ‘n 18-jarige meisie op die selmuur van ‘n Gestapo-tronk geskryf is, tot die moeder se versugting om te weet waar haar gestorwe seun se liggaam is, verwag mens ‘n geweldige somber affêre. Tog het die simfonie die vermoë om mens ook op te hef. Dit neem sterk standpunt in teen oorlog en is deurdrenk van ‘n mistieke spiritualiteit.

John Rutter – Requiem: Requiems is van my gunsteling klassieke musiek. Rutter se Requiem (soos heelwat lateres) doen weg met die Dies Irae en die swael en vuur-benadering. Baie mooi.

Ariel Ramirez – Misa Criolla & Navidad Nuestra (Mercedes Sosa): Luister dit as jy deur die Hugenote-tonnel na Worcester ry, en jy sal verstaan. (Natuurlik het die eiland berge!) Mercedes se stem is sonder gelyke.

Ek sal later lysies van ander musiek maak. Ek sal nooit nét 5 CDs kan saamneem enige plek toe nie. Dit is gewoon waansinnig om so iets te probeer.

Wat sal jy saamneem?

Written by George Maru

27 Julie 2007 at 8:49

Posted in musiek

Doring in my vlees

with 20 comments

Toe ek klein en kleinserig was, het dit soms gebeur dat ‘n doring of ‘n splinter kom nesskrop het in my voet. As hy diep onder my vel ingekruip het, dan het my ma Traxasalf (kry mens dit nog?) daaroor gevryf en ‘n pleister daarop geplak. Ek was nooit lief vir naalde nie.

Toe ek ouer word, het ek geleer dat jy suksesvol met ‘n naald die doring kan verwyder, sonder om ‘n draai by ongevalle te maak. Maar daar is dorings waarvoor salf en naalde nie help nie. Vra maar vir Paulus.

Maar hoe dan gemaak? Dalk iets groters soos die broodmes? Helaas. Ek het geleer dat ‘n broodmes bedoel is om brood te sny. Dit het ek geleer, nadat ek die broodmes vir ‘n saag gebruik het, om wynrakke te hervorm. Die blase wat die proses op jou hande laat manifesteer, maak die aanslag ongewens.

Annie Lennox het ook raad gegee vir die probleem. Kyk, ek het baie respek vir Annie (haar nuwe album, Songs of Mass Destruction, word in Oktober vrygestel, net so terloops), maar haar raad stink. Hoe hardloop jy weg vir die doring in jou vlees? Veral as jy nie kan vinnig hardloop nie? Nee wat, Annie, sing maar liewers net.

Enige iemand anders wat ‘n mening wil waag? Wat sê die wyses onder ons? Hoe verwyder jy die doring in jou vlees? Met minimale bloedvergieting. Verkieslik.

(Diegene wat gewonder het: ja, ek wens dit is Vrydag.)

Written by George Maru

25 Julie 2007 at 8:45

Posted in musiek, praktiese wenke

As mooi gevaarlik raak

with 7 comments

Verlede week lees ek ‘n artikel in die New York Times oor Mauritanië (dit is reg langs Mali, ‘n land wat ek nog wil sien). Intussen het Alleman ook na die tema van die artikel verwys: mooi mense.

Mauitanië se regering het ‘n probleem om obesiteit onder vroue te bekamp. Die rede? “To men here, fat is sexy. And in this patriarchal region, many Mauritanian women do everything possible — and have everything possible done to them — to put on pounds.” ‘n Peiling deur die regering in 2001, het bevind dat 1 uit elke 5 vroue, tussen 15 en 49, doelbewus oorvoer word om vet te word. In Mauritanië is hulle ernstig hieroor:

Girls as young as 5 and as old as 19 had to drink up to five gallons of fat-rich camel’s or cow’s milk daily, aiming for silvery stretch marks on their upper arms. If a girl refused or vomited, the village weight-gain specialist might squeeze her foot between sticks, pull her ear, pinch her inner thigh, bend her finger backward or force her to drink her own vomit. In extreme cases, girls died.

Eeue-oue gedigte besing vroue wat te vet is om te beweeg, of so stadig beweeg dat dit lyk of hulle stilstaan. Nie net is dit ‘n teken van skoonheid nie, maar ook van rykdom.

Dalk is Mauritanië ‘n ekstreme voorbeeld, maar ek kan nie help om te wonder in hoe ‘n mate ons onsself flous nie? Daar word dikwels gesê: “Beauty is in the eye of the beholder.” Maar daardie oog se manier van kyk word tog maar gevorm deur die omgewing waarna daardie oog kyk. Ons streef objektiwiteit (of dan ‘n onafhanklike mening) na deur introspeksie te doen; om weg te breek van die gekondisioneerde beelde wat ons omgewing aan ons opdring. Ek wonder of introspeksie nie maar net een gekondisioneerde beeld met ‘n ander vervang nie?

Die storie het my ook laat dink aan die geweld wat mense hulself sal aandoen om “mooi te wees”. Fisiese geweld, soos in Mauritanië en ander kulture waar ore lankgetrek word, lippe misvorm word, nie eet nie ens. Dan is daar ook die emosionele geweld wat mense hulself en ander aandoen in die strewe na uiterlike en ook innerlike mooi.

Dit laat my wonder oor die verband tussen mooi, liefde en geweld. Later meer daaroor. Miskien.

Written by George Maru

24 Julie 2007 at 8:24

Posted in afrika, nuus, sommer net

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.