Archive for Junie 26th, 2007
Pous rev Ferrari in die rooi, straight mans se twyfelagtige smaak en nog ‘n verjaarsdag
Onlangs het die pous die 10 gebooie vir padgebruikers bekend gestel. Ja, die Vatikaan wil jou nie net vertel met wie jy mag slaap nie, maar ook hoe jy moet ry. Volgens die 10 gebooie vir padgebruikers, gaan almal in Suid-Afrika hel toe. Ferrari is egter nie gelukkig met die pous se jongste verbeeldingsvlug nie. Dit is sonde om ‘n kar te hê wat ander mense kan jaloers maak. Ferrari meen tensy prethê ‘n sonde geword het, is dit nie verkeerd om ‘n Ferrari te ry nie. Pret? Ek dink die pous glo dit is per definisie sonde. Ferrari is wel skuldig aan ‘n ander sonde: om Formule 1 te wil domineer. Hulle is darem nou gerehabiliteerde sondaars.
‘n Britse soldaat, John Rigby, wat in Irak diens gedoen het, sterf op sy 24ste verjaarsdag in ‘n bomaanval. Happy birthday. Vandag se gedig, Futility, vir John.
“Om mani padme hum.” Sê dit en doen iets goed vir ander lewende wesens. Dit is Saga Dawa, ‘n heilige maand vir Boeddhiste, waartydens jy ekstra moeite doen om lewe te bewaar. ‘n Groep Tibetane het in New York seeslakke en ander seegediertes gaan koop wat vir die etenstafel bedoel was en hulle in die hawe vrygelaat. Dit is merkwaardig dat hulle $ 1,400.00 ingesamel het tussen 15 families vir die doel, gegewe die feit dat almal families is wat 6, 7 dae ‘n week moet werk om te oorleef.
In ‘n meningsopname is 58% van Nieu-Seeland se inwoners gekant teen die idee dat die Christelike geloof Nieu-Seeland se amptelike geloof moet word. Hulle verkies ‘n sekulêre staat.
Slog berig oor iets wat almal nog altyd oor gewonder en vermoed het: lesbiërs het beter smaak as straight mans. Die bewyse? Onlangs het Maxim se lesers hul Top 100 Hot Women aangewys. AfterEllen het dieselfde gedoen. Straight mans dink Lindsay Lohan (ek jok nie) is die hotste van die hotstes, gevolg deur Jessica Alba en Scarlett Johansson. Lesbiërs plaas Leisha Hailey (The L Word) eerste, gevolg deur Angelina Jolie en Kate Winslet. Foto van Kate (vanaf AfterEllen):
