riviersonderend

Archive for Junie 13th, 2007

Tatoeïs

with 12 comments

Tatoes is al geruime tyd in die mode. Dit begin by een kleinerige simbool op die rug,  skouer, bo-arm, enkel, of tiet. En as jy weer sien, dan lyk jy so (die tatoes, ek meen):

jason_behr.jpg

Persoonlik sal ek geen tatoes op plekke aanbring wat my tot lewenslange, daaglikse gymsessies sal vonnis nie.

Wat is die interessantste tatoe wat jy al gesien het? (Jy kan seker maar ook aandui waar, as jy moet.) En trek jy iewers ‘n streep wat tatoes betref as dit by dating kom? Of is jy ‘n gebore Hell’s Angel? Beperk jy nie jou kanse om ‘n date te kry as jy te vol getatoeëer is nie? (As jy reeds getroud is, is jy welkom om nog steeds te hipotietieseer.)

Ek wonder ook oor mense wat tatoes in vreemde skrifte aanbring (bv. Chinees, Sanskrit, of Hebreeus). Hoe seker is hulle dat die tatoeïs nie iets obskuurs in hul vel ingraveer nie? Daar is gruwelstories wat die rondte doen, soos hierdie arme drommel wat in Chinees “Love, Honour & Obey” wou laat tatoeëer. Hy kry toe “At the end of the day, this is an ugly boy”. Shame.

** Die foto is van Jason Behr uit die fliek The Tattooist. Die fliek begin einde Augustus in Amerika draai. In die fliek is hy ‘n tatoeïs.

Written by George Maru

13 Junie 2007 at 22:32

Posted in sommer net

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.