Archive for Junie 12th, 2007
Pentagon se gaybom
Die Amerikaanse weermag het bevestig dat hulle ‘n gaybom oorweeg het vir gebruik tydens oorlogvoering. Die bom, ‘n mengsel van hormone en alchemiese love potions, sou op niksvermoedende vyande losgelaat word.
Die teorie is dat hulle onmiddellik hul wapens sou neergooi en begin om homoseks (kan iemand my help en verduidelik wat dít is?) in die strate te beoefen. En almal weet tog as jy eers gay is, maak jou slap polse dat jy nie ‘n geweer kan vashou nie.
Die Pentagon gee natuurlik ‘n heel nuwe betekenis aan die uitdrukking “naai, djulle moenie faait’ie.”
Verder is daar ongelukkigheid dat die projek gestaak is. Ek verneem daar is ‘n petisie dat die bom getoets moes word tydens ‘n WP/Bulle rugbywedstryd.