riviersonderend

Archive for Junie 7th, 2007

Stilte

with 10 comments

mcgregor.jpg

Ek gaan vir ‘n paar dae weg op ‘n “silent retreat” (Afrikaans?). Eers het ek gedog dat ek die skootmeneer sal saamneem, maar dit sou cheating wees. So die blog gaan ook stil wees. Dit is by ‘n wonderlike plek, genaamd Temenos op McGregor. Dalk blog ek later oor die retreat.

Ek hou van hulle silent retreats, want dit is nie te intens nie: retreat-lite vir die gemaksugtige spirituele reisiger. Ek doen mos nie army nie. Daar is nie 6-uur lange meditasiesessies nie. Snags slaap jy in ‘n snoesige bed voor ‘n kaggel en droom van wulpse engele (selfs ‘n duiweltjie of twee). Selfs die vegetariese kos kry die stempel van goedkeuring.

In elk geval, hier is die beloofde video waarna ek vroeër in die week verwys het. Dit is by NG Kerk se sinode opgeneem.

Die groep se naam is Sigur Ros. Hulle is van Ysland. Die song se naam is Viðrar vel til Loftárása. (Vertel ons hoe om dit uit te spreek en wen ‘n spesiale vermelding.)

Lekker naweek. Maandag praat ons sinodesake (as hulle net wil besluite neem…)

Written by George Maru

7 Junie 2007 at 7:40

Posted in algemeen, musiek

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.