riviersonderend

Archive for Junie 4th, 2007

NGK Sinode 2007

with 28 comments

Nadat ek uit die NG Kerk is in 1996, het die kerk se doen en late my nie meer geïnteresseer nie. Dit is eers onlangs dat ek weer begin deelneem het aan gesprekke rondom die kerk se uitsprake en optredes.

Ek het gevind dat dit nie juis opbouend was nie. Dikwels het ek self geneig na die vergype teen ‘n medemens en die haat wat die kerk verkondig. Die volgende woorde van Osho het by my begin spook:

If you hate somebody, first you have to wound your own soul in so many ways, you have to be so full of poison that you can throw poison on others.

Dit bly vir my ‘n vraag waarmee ek steeds sukkel. Hoe konfronteer ‘n mens haat sonder om self daarin vasgevang te word? Aanvanklik het ek beplan om hierdie week met die kerk te spot. Daarvoor is ek nie meer lus nie.

Ek het besluit dat ek geen kommentaar gaan lewer op die sinode van 2007 nie, totdat dit verby is. Ek sal dan my indrukke gee – hopelik heel kalm en beredeneerd :) . Ek sal wel ‘n musiekvideo plaas as stille getuienis van die menseregte vergrype wat ons gaan aanskou.

Die kerk het reeds lankal opgehou om vir my iets mooi en edel te wees. Dit is tog hoekom ek besluit het om die kerk (alle kerke) te verlaat. Ek dink baie mense wat eens passievol oor die kerk was, kom by ‘n punt waar hulle wonder of hulle binne die kerk ‘n verskil kan maak.

Ek het aan myself net een vraag gestel. Is die kerk dit werd om voor te baklei? My antwoord was “Nee, die kerk verdien nie nog ‘n millenium nie.” Maar ek weet ook dat daar mense is wat van my sal verskil. Die dinge waaroor ek uitvaar, is eintlik hulle stryd. Dit is lank nie meer myne nie.

So, die blog se fokus mag dalk effe verander.

Written by George Maru

4 Junie 2007 at 10:21

Posted in godsdiens, nuus

Tagged with ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.