Archive for Junie 2007
‘n Nuwe begin
‘n Supercool song van ‘n supercool dudette.
Sit dit af, Sodom se vrou, ‘n fliek-rating vir jou blog en dit is hier!
Slegte nuus. Die Spice Girls is terug. Slegter nuus. Hulle kom Kaapstad toe in Januarie. Slegste nuus. Dit is nou weer nie veilig om radio te luister nie. Dit is wat ek rêrig nie wou gehad het nie.
Baie hoërskoolleerlinge in Amerika dink Sodom en Gomorrah was getroud. Blykbaar kan meeste Amerikaners nie een van die 4 evangelies noem nie. Ek glo dit skaars. Ek dog meeste Amerikaners is Christene? Wel…
Binne 10 jaar het Amerikaners wat geen geloofsvoorkeur het nie, gestyg van 7% na 14%. “The unexpected spike wasn’t the result of growing atheism, Hout and Fischer argued; rather, more Americans were distancing themselves from organized religion as “a symbolic statement” against the religious right. If the association of religiosity with political conservatism continued to gain strength, the sociologists suggested, “then liberals’ alienation from organized religion [might] become, as it has in many other nations, institutionalized.” In Australië beskou 19% van die bevolking hulself godsdiensloos, 3% meer as in 2001. In Europa neem geloof toe.
Me. Playfoot vat haar skool hof toe omdat sy nie haar “ware liefde wag”-ring skool toe mag dra nie. Me. Playfoot voel dit is diskriminasie teen haar geloofsoortuigings.
Madagaskar gaan huwelike tussen kinders verbied. 33% van meisies tussen 15 en 19 jaar is getroud. Madagaskar is een van die wêreld se armste lande.
Die Richtersveld is tot ‘n wêrelderfenisgebied verklaar.
Kliek hier en kry jou blog se rating, sou dit ‘n fliek gewees het. Hierdie blog, selfs al word dit in Afrikaans geskryf, het ‘n PG-rating vir die gebruik van woorde soos “gay” en “gays”. Skryf nog ‘n keer “gay” en dit is ‘n porn site!
Juig al wat leef oor die blye tyding! Dit is hier. Amerikaners kan van vandag af die Apple iPhone koop. Toue het reeds Dinsdag begin vorm buite die Apple winkel in New York. As jy goed is met jou vingers, is dit die foon vir jou. Dit is al wat jy nodig het om die foon te bedryf.
Vrese dat Eva ‘n baard gehad het, is ongegrond. ‘n Uitbeelding van Adam en Eva volgens die kreasionistiese museum:
Te fraai. Dit lyk of die tweetjies besig is om ‘n Timotei advertensie te maak.
Plekke waar jy nie wil wees nie
Onlangs het Boerinballingskap sy top 10 bestemmings in Suid-Afrika aangewys. Time het ook ‘n lysie gemaak, maar van “depressing destinations“. Time se lys is werklik depressing. Dit sluit plekke soos Auschwitz, Omaha en Phnom Penh se volksmoordmuseum in. Ek weet nie of ek ooit enige van die plekke sal wil besoek nie. Die Jad Vashem (volksmoordmuseum) in Israel was erg genoeg.
Die lysies en depressing plekke het my laat wonder oor plekke in Suid-Afrika waar ek nie wil bly nie. Bo-aan my lys, sal Vereeniging wees (sorry aan almal wat familie daar het, daar gebore is, hulle eerste hond daar gekry het, of ‘n vakansiehuis daar besit). Waar is jou depressing plek in Suid-Afrika of plek waar jy nie wil bly nie?
Die gevare van spiritualiteit?
Die afgelope naweek het ek ‘n marathon DVD-sessie aangepak om die Comrades te vier. Dit is hoe ek my solidariteit wys met mense wat lank en aanhoudend dieselfde ding doen. (Ek weet, ek weet. Die Comrades was die vorige naweek, maar ‘n vriend uit Australië het toe by my gekuier en ek was daardie Sondag vir die eerste keer in 10+ jaar kerk toe.)
Noudat TV-reekse op DVD uitgereik word, het dit blykbaar ‘n tendens geword dat mense oor ‘n naweek ‘n hele seisoen se programme gulsig opkyk. Ek hou nogals van die tendens.
So sit ek die naweek deur 750 minute se drama. Dit is lekker, want jy hoef nie ‘n week te wag om uit te vind wat gaan gebeur nie en daar is geen advertensies nie. Maar dit genees jou ook van TV-kyk vir ‘n paar weke.
Die reeks is ook nie juis besonders diep nie. Dit is waarskynlik meer in die lyn van Maeree se geliefde hygromans; behalwe dat jy nie hoef te lees nie.
In elk geval, iewers tussen die 300ste en 500ste minuut, kondig die een karakter aan dat hy Tibet toe wil gaan om vir 6 maande saam met die monnike in kloosters te mediteer. Hy het stuff, sien. Sy lover was aanvanklik nie dramaties beïndruk met die hele gedagte nie.
Dit het my laat dink aan die gevare van spiritualiteit en geloof. Dit klink vreeslik edel om sekere opofferings te maak vir dit waarin jy glo. Ek meen Siddarta was ‘n prins wat aardse rykdomme agtergelaat het om nirvana te gaan soek. In die proses moes hy heelwat ontbeer. Baie edel. Maar in sy soeke na nirvana, het hy ‘n familie agtergelaat.
Jesus was ‘n groot leermeester wat talle mense se lewens ingrypend aangeraak het. Maar Jesus was nooit getroud nie. Hy kon makliker sy hele lewe wy aan sy spirituele reis. Maar kan jy dan werklik uitsprake maak oor sake soos egskeiding?
Is dit werklik moontlik om altyd in hierdie spirituele leiers se voetspore te stap? Is dit raadsaam? Wanneer neem jou spirituele- en geloofsontberings jou verder van jou doelwit as nader daaraan?
‘n Mens kan heelwat put uit die boodskap van die Christus en die Boeddha. Daar is baie waaroor ‘n mens kan mediteer en wat jy kan toepas in jou eie lewe. Ek dink ook as jy spirituele praktyke (hetsy Boeddhisties, Christelik of watookal) gevind het wat jou liefde vir jou naaste en jouself laat groei, dan is dit goed. Maar gebeur dit nie dalk te dikwels dat ‘n mens se spiritualiteit en geloof júís die bron van ‘n mens se verwydering van self en medemens word nie? Dat dit juis die ding word waarvan jy gered moet word, en nie die voertuig is van jou redding nie?
En gewoonlik is die laaste persoon om dit uit te vind, jy.
Pous rev Ferrari in die rooi, straight mans se twyfelagtige smaak en nog ‘n verjaarsdag
Onlangs het die pous die 10 gebooie vir padgebruikers bekend gestel. Ja, die Vatikaan wil jou nie net vertel met wie jy mag slaap nie, maar ook hoe jy moet ry. Volgens die 10 gebooie vir padgebruikers, gaan almal in Suid-Afrika hel toe. Ferrari is egter nie gelukkig met die pous se jongste verbeeldingsvlug nie. Dit is sonde om ‘n kar te hê wat ander mense kan jaloers maak. Ferrari meen tensy prethê ‘n sonde geword het, is dit nie verkeerd om ‘n Ferrari te ry nie. Pret? Ek dink die pous glo dit is per definisie sonde. Ferrari is wel skuldig aan ‘n ander sonde: om Formule 1 te wil domineer. Hulle is darem nou gerehabiliteerde sondaars.
‘n Britse soldaat, John Rigby, wat in Irak diens gedoen het, sterf op sy 24ste verjaarsdag in ‘n bomaanval. Happy birthday. Vandag se gedig, Futility, vir John.
“Om mani padme hum.” Sê dit en doen iets goed vir ander lewende wesens. Dit is Saga Dawa, ‘n heilige maand vir Boeddhiste, waartydens jy ekstra moeite doen om lewe te bewaar. ‘n Groep Tibetane het in New York seeslakke en ander seegediertes gaan koop wat vir die etenstafel bedoel was en hulle in die hawe vrygelaat. Dit is merkwaardig dat hulle $ 1,400.00 ingesamel het tussen 15 families vir die doel, gegewe die feit dat almal families is wat 6, 7 dae ‘n week moet werk om te oorleef.
In ‘n meningsopname is 58% van Nieu-Seeland se inwoners gekant teen die idee dat die Christelike geloof Nieu-Seeland se amptelike geloof moet word. Hulle verkies ‘n sekulêre staat.
Slog berig oor iets wat almal nog altyd oor gewonder en vermoed het: lesbiërs het beter smaak as straight mans. Die bewyse? Onlangs het Maxim se lesers hul Top 100 Hot Women aangewys. AfterEllen het dieselfde gedoen. Straight mans dink Lindsay Lohan (ek jok nie) is die hotste van die hotstes, gevolg deur Jessica Alba en Scarlett Johansson. Lesbiërs plaas Leisha Hailey (The L Word) eerste, gevolg deur Angelina Jolie en Kate Winslet. Foto van Kate (vanaf AfterEllen):

