Na aanleiding van Johan se 5 dinge, hier is 5 dinge oor my in geen noemenswaardige volgorde nie:
1. Ek besit ‘n paar crocs en ek is nie bang om hulle te dra nie. Ek het ook ‘n paar grys velskoene wat ek op versoek dra.
2. Ek het vir 30 jaar met ‘n melktand in my mond rondgeloop. Die muis skuld my nog.
3. Ek wil nog eendag die Aurora Borealis in Alaska sien.
4. The Motorcycle Diaries is een van my gunstelingflieks van die afgelope paar jaar vir drie redes.
5. Ek gee nie om as ek natreën nie, selfs al kla ek daaroor.
Adam said
Watter drie redes sou dit wees? Adam dreig nog om daai film te sien.
Da Mario said
Adam, ek dink dit sou die 5 dinge opgejaag het na 8. Hehehe
George Maru said
Mario, jy is reg
Adam:
1. Die scenery.
2. Die Scenery.
3. Die storie.
idiwidi said
Gael Garcia Bernal is hot stuff in daai fliek!!! Meer as in Bad Education (wat ook ‘n uitstekende film is).
oppietrap said
Die helfte van Motorcycle Diaries deurgeslaap….
(Maar mind you, so ook die eerste keer toe ek Frida Kahlo gekyk het. En met die tweede kyk besluit FK is ‘n TREFFER!) Sal MD dalk weer kyk. As ek nie vaak is nie
George Maru said
oppietrap, ek gaan my van kommentaar op jou slaapgewoontes weerhou. Kyk die moewie!
idiwidi, jy is nie net ‘n formidabele praise singer nie, maar ook ‘n vrou met meta-artistieke inSIG.
Anoniem said
Broer, op my ouderdom omhels ‘n mens Morfeus die oomblik as hy besluit om by jou in te kruip
Oppietrap said
Sorry, tegnologie bietjie voor my! Ek haat dit as mense vir my “anonymous”-goedjies aanstuur. Dis die vrou op die trap.
Johan Swarts said
Haai, bestaan die tandmuis regtig?