riviersonderend

Archive for April 2nd, 2007

Godsdienstiges op patrollie

with 4 comments

Dalk is dit omdat Paasfees naby is, maar dit wil my voorkom asof godsdienstiges die afgelope tyd meer grumpy as gewoonlik is:

1. Sweet Jesus no more: Die uitstalling van ‘n sjokolade-Jesus is afgestel, nadat die Katolieke kerk wild beswaar gemaak het. Ek meen, die kunstenaar beeld Jesus met ‘n penis uit! (Is dit laster om “Jesus” en “penis” in dieselfde sin te gebruik?)

2. In Italië betoog die Katolieke kerk teen die regering se voorstel om regte aan mense in gay- en ongetroude verhoudings te gee. Die meeste Italianers steun die regering se inisiatief, maar God se Gewete weet mos beter.

3. In Minnesota, Amerika, is Christeniste gekant teen voorgestelde wetgewing wat aan gays die reg sal gee om geliefdes in intensief in die hospitaal te mag besoek.

4. En nou vir die pièce de résistance: die Verenigde Nasies is besig met baie belangrike werk. Sopas is ‘n resolusie aanvaar deur die V.N. se Menseregtekommissie wat ‘n wêreldwye verbod voorstaan teen die openbare bespotting van geloof. Dit is deur Islamitiese lande voorgestel. Dit is nou dieselfde lande waar gays in die openbaar tereggestel word en vrouens na willekeur verkrag kan word – lande waar menseregte min tot geen betekenis het nie. Ek is seker die Katolieke kerk en Christeniste sal tuis voel in daardie lande.

Wat ‘n grap.

Written by George Maru

2 April 2007 at 6:56

Posted in gay regte, godsdiens, nuus

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.