riviersonderend

Archive for April 2007

Die week se nuus

with 4 comments

‘n Paar stories wat die afgelope sewe dae in die nuus was:

Jesus staan uit sy Joodse graf op: After two thousand years in a dark corner it seems that Jesus is making something of a comeback in the Jewish world. Not in a Christian, proselytizing “Jews for Jesus” manner, but as a historical figure, decidedly unchristian, who needs to be reassessed as a player in the Jewish tradition. In recent years the job of reclaiming Jesus has gone on in both low and high culture.

Wat maak jy as jou naam Randall Tobias is en jy is George Bush se “VIGS-tsaar”? Natuurlik vertel jy vir mense hulle moet verkieslik nie seks hê as hulle nie getroud is nie. Dit is nie wat Jesus wil hê nie. So hoekom is hy in die nuus? Hy het nét ‘n paar masserings gehad. Hy glo mos nie in kondome nie, sien.

Wat doen dominee Praveen Bunyan as hy nie gays veroordeel vir hulle perversiteite nie en sy Anglikaanse kerk onder die Ugandese kerk se toesig plaas? Hy bedank oor “inappropriate conduct” met ‘n vrou in sy kerk. Was seks betrokke? Seker nie.

Bly jy in Iran? Wel, dan is Westerse haarstyle uit. Mans mag ook nie met hulle wenkbroue lol nie. Blykbaar is metroseksualiteit onislamities. Dit is jammer. President Ahmadinejad kan doen met ‘n extreme makeover.

In Istanboel, Turkye, betoog honderde duisende mense vir ‘n sekulêre republiek. Die land se moontlike volgende president is blykbaar te Islamities.

Written by George Maru

30 April 2007 at 18:45

Posted in nuus

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.