Archive for Maart 20th, 2007
Raakgelees
Uit The Huffington Post:
How do you know you were in an unnecessary war? When you can’t tell it’s over.
Hoe sterf gode?
Ek het gewonder: hoe sterf gode? Dit gebeur redelik gereeld. Neem nou maar vir Zeus en Ra. Almal weet van hulle, maar ken hulle net as karakters uit ‘n baie ou storie. Tog was daar mense wat hulle aanbid het soos Allah en Jahwe vandag aanbid word.
Dikwels word gode met ander vervang. Die Romeinse Ryk het Zeus & kie verruil vir die Christengod. Dit het ook in kulture gebeur wat deur sendelinge “bekeer” is. Vandag is daar baie minder gode wat aanbid word as 2,000 jaar gelede, en baie meer mense wat geen gode aanbid nie. Ralph Waldo het die volgende opmerking gemaak:
The religion of one age is the literary entertainment of the next.
Nou wonder ek: hoe sterf gode en waarvoor gaan ons die jongste modelle inruil?
Douglas Adams maak die volgende opmerking in The hitchhiker’s guide to the galaxy:
Now it is such a bizarrely improbably coincidence that anything so mindbogglingly useful [the Babel fish] could have evolved by chance that some thinkers have chosen to see it as a final and clinching proof of the non-existence of God.
The argument goes something like this: “I refuse to prove that I exist,” says God, “for proof denies faith, and without faith I am nothing.”
“But,” says Man, “the Babel fish is a dead giveaway isn’t it? It could not have evolved by chance. It proves you exist, and so therefore, by your own arguments, you don’t. QED”
“Oh dear,” says God, “I hadn’t thought of that,” and promptly vanishes in a puff of logic.
Waar kom moraliteit vandaan?
Van ape af. Volgens die New York Times beweer bioloë dat sekere gedrag van primate dui op die oorsprong van mense se moraliteit. Dit sal beteken dat moraliteit ‘n biologiese gegewe is wat deur bioloë verklaar behoort te word – en nie filosowe of teoloë nie.
Marc Hauser, ‘n evolusionêre bioloog, beweer in sy boek, Moral Minds, die brein het ‘n geneties-gevormde meganisme vir morele waardes.Volgens Dr. de Waal, ‘n primatoloog, het godsdiens na die ontwikkeling van moraliteit gevolg. Dr. de Waal sien die funksie van godsdiens as volg:
Their function may have to do with social life, and enforcement of rules and giving a narrative to them, which is what religions really do.
Moraliteit vloei uit emosie, terwyl morele filosowe soos Peter Singer eerder meen moraliteit is in rede gesetel.
Die artikel verwys na ander argumente ook tussen die bioloë en die filosowe.