Archive for Maart 17th, 2007
WordPress en Afrikaans
Ek hou daarvan dat WordPress jou die opsie gee om blogs volgens taal te groepeer. ‘n Mens kan maklik en vinnig ‘n oorsig kry van ander Afrikaanse blogs. Oor die algemeen werk dit nie te sleg nie, behalwe nou so af en toe as ‘n verlore Spanjaard of Fransman hulself verbeel hulle kan die taal praat.
Maar ek kom ook agter dat daar baie meer Afrikaanse blogs is, as wat gelys word by http://af.wordpress.com. Ek het al gesoek na ‘n funksie op WordPress wat jou sal toelaat om deur ál die Afrikaanse blogs te soek. Of dan ten minste jou ‘n idee te gee wat beskikbaar is. Of so ‘n soekfunksie bestaan nie, of ek is heeltemal clueless.
Enige iemand al op so iets afgekom?