riviersonderend

Iets wat die moeite werd is

with 4 comments

misacriolla.jpg

Ek het op Computicket se webwerf gekyk en daar is nog kaartjies beskikbaar vir die Misa Criolla & Navidad Nuestra wat vanaand, môreaand en Saterdagaand in die Oude Libertas amfiteater uitgevoer word.

Die foto is van die CD waarop Mercedes Sosa dit sing. Ek dink nie daar is ‘n beter weergawe nie, maar ek verstaan dat Amanda Strydom se vertolking ook aangrypend is. Amanda Strydom se reputasie maak dit in elk geval moontlik om haar aan te beveel, sonder dat ‘n mens die spesifieke produksie gesien het :-) )

Die Misa Criolla is uniek omdat dit die ritmes en tradisies van Latyns-Amerika kombineer met ‘n tradisionele mis.

Voorwaar die moeite werd.

Written by George Maru

15 Maart 2007 at 9:34

Posted in musiek

Tagged with

4 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Ek het al vyf verskillende CDs van die Misa Criolla gehoor; ek besit twee van hulle, my pa twee ander, en die vyfde is nog by die CD-winkel. Mercedes Sosa is definitief my en my pa se se topkeuse. Nadat ek daai CD gekoop het, het ek ook besluit dat wanneer ek eendag sewentig is, ek ‘n beroemde solo-sangeres wil wees.

    Tania

    15 Maart 2007 at 10:26

  2. Al het sy miskien nie die ingebore gevoel vir die ritmes van hierdie musiek nie, moet ek se dat Amanda Strydom se vertolking daarvan baie moving is – ek het dit al self gesien.

    Vinknes

    15 Maart 2007 at 10:56

  3. Tania, so ek is nie net bevooroordeeld nie? In my oë kan Sosa niks verkeerd doen nie, ten minste nie ‘n noot verkeerd sing nie. As jy nie van haar gewone CDs het nie, doen jouself ‘n guns.

    George Maru

    15 Maart 2007 at 20:03

  4. [...] het al voorheen geskryf oor haar vertolking van die Missa Criolla wat ‘n uitsonderlike werk is en ‘n plek in [...]


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.