Archive for Maart 15th, 2007
Iets wat die moeite werd is
Ek het op Computicket se webwerf gekyk en daar is nog kaartjies beskikbaar vir die Misa Criolla & Navidad Nuestra wat vanaand, môreaand en Saterdagaand in die Oude Libertas amfiteater uitgevoer word.
Die foto is van die CD waarop Mercedes Sosa dit sing. Ek dink nie daar is ‘n beter weergawe nie, maar ek verstaan dat Amanda Strydom se vertolking ook aangrypend is. Amanda Strydom se reputasie maak dit in elk geval moontlik om haar aan te beveel, sonder dat ‘n mens die spesifieke produksie gesien het
)
Die Misa Criolla is uniek omdat dit die ritmes en tradisies van Latyns-Amerika kombineer met ‘n tradisionele mis.
Voorwaar die moeite werd.
