riviersonderend

Archive for Maart 14th, 2007

Kak! kak! styl, Suid-Afrika!

with 4 comments

Ek sukkel vandag om my walging in die Suid-Afrikaanse regering te verbloem. Oor die naweek het verskeie organisasies in Zimbabwe ‘n betoging beplan teen die politieke onderdukking en haglike omstandighede waarin die land hom bevind. Mugabe wou niks daarvan weet nie, so die opposisieleiers is in hegtenis geneem.

Gister is Morgan Tsvangirai na die hospitaal geneem, nadat Zimbabwe se polisie hom klaar gemartel het. Die BBC berig:

He was taken from Harare magistrates court with several other activists, many of them bandaged, for treatment.

They were badly beaten in custody after being detained at a banned opposition rally on Sunday, supporters said.

One person was shot dead as riot police broke up the meeting, called to discuss the political and economic crisis.

Lovemore Madhuku is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Gift Tandare is doodgeskiet.

Hoe is wat in Zimbabwe gebeur anders as wat in Suid-Afrika gebeur het tydens die apartheidsjare? Die enigste verskil wat ek kan sien is dat Mugabe deel is van die “Old Boys Club of Freedom Fighters”. Maar vandag is hy dit lankal nie meer nie. Hy is ‘n massamoordenaar.

Tog is sy bure doodstil hieroor. Suid-Afrika se reaksie op die afgelope paar dae se gebeure in ons buurstaat:

We have constantly maintained that the solutions to the problems of Zimbabwe will be resolved by the people of Zimbabwe.

Hoe sou die ANC gevoel het as dit Nelson Mandela was wat so onder die apartheidsregering se marteling deurgeloop het? Nee liewers: hoe het die ANC gevoel as sy leiers in Suid-Afrika gemartel is, die mense waarvoor hy geveg het, vermoor is? Die ANC het nie by die wêreld gepleit om uit die situasie te bly nie. Hy het nie gevra dat die apartheidsregering en die ANC onderling hulle geskille besleg nie. Maar Zimbabwe is anders. Kan misplaasde lojaliteit en mag so verblind?

Selfs organisasies wat langs die ANC gestaan het in die stryd teen apartheid bly nie meer stil nie. Die Young Communist League sê in ‘n verklaring:

This shows that the Zimbabwean government is engaged in a brutal offensive to ambush the people of Zimbabwe and deny them their fundamental rights to enjoy freedom and democracy.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke protesteer dat Suid-Afrika se stilte die situasie in die land vererger, nie verbeter nie.

Cosatu reageer as volg:

Such a response is disgraceful, in the face of such massive attacks on democracy and human rights, especially coming from those who owed so much to international solidarity when South Africans were fighting for democracy and human rights against the apartheid regime.

Suid-Afrika se beleid van stille diplomasie lyk al hoe meer na ‘n slapgat “eintlik-gee-ons-nie-om-nie” houding.

President Mbeki, Steve Biko sou hom vandag vir jou geskaam het.

Written by George Maru

14 Maart 2007 at 7:07

Posted in afrika, nuus

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.