Archive for Maart 10th, 2007
The lady did protest too much
Newt Gingrich was voor in die koor om Bill Clinton te vervolg omdat hy so lief was vir Kubaanse sigare. Nou bieg Gingrich dat hy ‘n affair gehad het ten tyde van die Monica Lewinsky affêre…
Hy het by James Ted-Haggard-is-’n-goeie-pel-maar-ek-is-te-besig- om-hom-te-sien Dobson gaan bieg. Soek Amerika se Christenfundamentaliste dalk na ‘n geskikte regse kandidaat vir 2008 se presidentsverkiesing?
God het Gingrich blykbaar reeds vergewe oordat hy so mooi jammer gesê het.